Ons mooi land – Ooggetuie foto’s


Baal-in-Stoppelland

“Hierdie treffende foto is geneem by Dasville – wat sowat 50 km vanaf Heidelberg oppad na Durban langs die N3 geleë is – naby Grootvlei! Dit is nogal verbasend hoe mooi die oorblyfsels van die mielies nadat dit gestroop is kan wees wanneer dit gebaal of dalk “gestoppel” is!… Of dit nou hooi, mielie stoppels of watter tiepe baal ook al is, ek val maar elke keer daarvoor om te stop en ‘n foto te neem!”, skryf Francois van Jaarsveld. Hy het die foto op 27 Julie 2015 op Ooggetuie gelaai.

1437937439.066431

”Hierdie foto van die naweek se sneeu is vroegoggend met my selfoon in die Barkly-Oos distrik geneem”, skryf Theuns Botha op 26 Julie 2015.

As jy ‘n treffende foto geneem het, laai dit gerus op Ooggetuie.