Is alle psigopate gevaarlik?


Daar word gereeld na mense verwys as psigopate of sosiopate. Maar wat beteken dit regtig om diagnoseerbaar te wees met ‘n anti-sosiale persoonlikheidsverteuring? Is so ‘n persoon gevaarlik? Kan hulle suksesvolle verhoudings handhaaf? Hoe affekteer hulle die mense om hulle?

Let wel dat

  • Antisosiale Persoonlikheidsversteuring = psigopatie = sosiopatie
  • Dit kan nie genees word nie, en is moeilik behandelbaar.
  • Die verskil tussen ‘n narsis en psigopaat is dat die narsis omgee wat mense van hom dink, terwyl ‘n psigopaat nie omgee wat mense van hom dink nie. Die ander kenmerke (van manipulasie, gebrek aan empatie, put plesier uit ander se pyn, ens,) stem egter ooreen.
  • Antisosiale gedrag het niks met asosiale gedrag te doen nie.
  • Moenie diegene – wat hoogs plofbaar kan wees – uitlok nie. Kry hulp eerstens vir jouself by ‘n sielkundige of psigiater sodat die professionele beroepsmense kan uitwerk hoe om jou te help en die situasie verder te hanteer.

Luister ook: Narsis of bloot selfsugtig?

https://www.rsgplus.org/geestesgesondheid/narsis-of-bloot-selfsugtig/

Luister ook: Hoe beskryf ‘n forensiese psigiater narsiste en psigopate

Met die eienskappe van ‘n Narsis en ‘n pisgopaat wat baie ooreenstem, is dié kykie na psigopate insiggewend.

Alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Hulle kom in verskeie vorms – Die sjarmante man wat hom nederig hou en jou oortuig dat jy hom geld moet leen vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan met jou geld verdwyn, of die sakeman wat elke jaar nog tien present van sy werknemers laat afdank vir groter winsgrense, of die goedversorgde vrou met die sagte stem wat almal so perfek om haar pinkie draai dat niemand agterkom dat sy almal manipuleer nie, is almal psigopate. Wat is die eienskappe van ‘n psigopaat? Word mens so gebore or so gemaak? Kan mens verander? Marí Hudson het in Gesondheid op RSG met ‘n forensiese psigiater gesels om die vrae te beantwoord.

Moenie self iemand diagnoseer nie. Die diagnose MOET deur ‘n psigiater gemaak word.

Die verskillende soorte Persoonlikheidsversteurnisse wat deur psigiaters met die hulp van die DSM 5 gediagnoseer kan word.

Psigopatie sorteer onder ‘Cluster B” as Antisocial Personality Disorder.

Die diagnostiese kriteria om Antisocial Personality Disorders (psigopatie) te diagnoseer

Maar min psigopate is nie narsistie nie. Hier is die kriteria vir Narsistiese Antisosiale Persoonlikheidsversteuring

Lees ook: Snakes in Suits, want jou slim en ryk baas met grandiose planne, wat met ‘n glimlag en sjarme manipuleer en besluite oor afleggings neem, kan dalk ook ‘n narsis/psigopaat wees.