Hoe word aangebore hartdefekte in babas herstel?


Ons gesels Woensdag met dr Susan Vosloo en dr De Villier Jonker oor hoe hartdefekte in babas herstel word.

Hier is inligting oor die belangrikste hartdefekte wat in babas voorkom. Luister dus Woensdag hoe dit herstel kan word.

Sowat een uit elke 100 babas word met ‘n hartdefek gebore. Daar is verskeie hartdefekte wat kan voorkom omdat dit reeds voorgeboortelik gevorm het. Dr Barend Fourie, pediatriese kardioloog van die Geneeskundige Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch, verduidelik hoe dit werk.
Luister na die program terwyl jy na die sketse kyk:

‘n Ongebore baba se hart vorm tussen dag 20 en agt weke van swangerskap, deurdat ‘n hol buis soos ‘n S op homself terugvou en dan hartkamers ontwikkel. In enige moment in hierdie kritieke proses, kan iets skeef loop. Kyk na die interessante video om te sien hoe ‘n ongebore baba se hart vorm. Lees hier meer oor die vorming van die hart.

Tussen dag 20 van embrionale ontwikkeling en 8 weke (dag 56) - dus dikwels voordat dat die ma nog bewus is dat sy swanger is, vorm die hart. Twee buise smelt saam, buig in 'n S-vorm terug op mekaar, draai, bult uit en vorm die hartkamers. Teen agt weke het die ongebore 'n kloppende hartjie. Dit is in hierdie tyd - tussen dag20 en dag56, dat iets verkeerd kan loop wat tot 'n kongenitale hartdefek kan lei.

Tussen dag 20 van embrionale ontwikkeling en 8 weke (dag 56) – dus dikwels voordat dat die ma nog bewus is dat sy swanger is, vorm die hart. Twee buise smelt saam, buig in ‘n S-vorm terug op mekaar, draai, bult uit en vorm die hartkamers. Teen agt weke het die ongebore ‘n kloppende hartjie. Dit is in hierdie tyd – tussen dag20 en dag56, dat iets verkeerd kan loop wat tot ‘n kongenitale hartdefek kan lei.

Gaatjies in en by die hart

1. As daar ‘n opening tussen die aorta en die longslagaar is, word dit ‘n Patente Ductus Arteriosus (PDA) genoem. Die opening moet daar wees as die baba nog in die ma se baarmoeder is omdat bloed nie na die longe, wat nog nie gebruik word nie, moet gaan nie. Na geboorte moet die opening egter toegaan. Soms – en veral in premature babas – gaan die opening nie toe nie, en gaan te veel bloed na die longe. Dit maak dat die longe en hart baie swaar kry. In sommige gevalle gaan PDA gepaard met ander hartdefekte. Die opening word gewoonlik geblokkeer of chirurgies afgebind. Dis die derde algemeenste defek. Lees meer oor PDA.

PDA

2. As die opening tussen die twee atria nie na geboorte toegaan nie, word dit Atriale Septale Defek (ASD) genoem. Dit beteken dat ‘skoon’ en ‘vuil’ bloed in die twee vulkamers vermeng, en dat die hart en longe baie hard moet werk. Dis die tweede algemeenste defek. Lees meer oor ASD.

ASD

Die opening tussen die twee atria veroorsaak dat die suurstofarm bloed in die regter-atrium met die suurstofryke bloed in die linker-atrium meng en dat daar nie genoeg suurstofryke bloed by die brein en die res van die liggaam kom nie. Die gaatjie moet toegemaak word.

3. As daar ‘n opening tussen die twee ventrikels is, word dit ‘n Ventrikulêre septale defek (VSD) genoem. Dis die algemeenste defek.
Dit beteken daar is ‘n gaatjie tussen die twee ventrikels (pompkamers) wat nie daar moet wees nie. Die suurstofryke bloed in die linkerventrikel meng nou met die suurstofarm bloed in die regterventrikel, wat beteken dat die bloed wat uit die linkerventrikel gepomp word, nie meer so baie suurstof bevat as wat die baba se organe nodig het nie. Nie baba baba is dan subtiel blouer. Lees meer oor VSD.

VSD: 'n opening tussen die twee ventrikels.

VSD: ‘n opening tussen die twee ventrikels.

Die opening word met 'n 'patch' toegelap. In sommige gevalle kan dit sonder 'n opehartoperasie gedoen word, maar meestal tydens 'n opehartoperasie.

Die opening word met ‘n ‘patch’ toegelap. In sommige gevalle kan dit sonder ‘n opehartoperasie gedoen word, maar meestal tydens ‘n opehartoperasie.

Groter strukturele defekte

4. As die twee groot slagare uit die hart, die Aorta en die longslagaar,  omgeruil is, is dit bekend as d-Transposisie van die groot slagare. Dit beteken dat daar twee aparte bloedsomlope is, een net tussen die hart en longe en die ander tussen die hart en die res van die liggaam. Die suurstof wat die bloed in die longe verryk, bereik dus nooit die res van die liggaam nie. Hierdie toestand is lewensgevaarlik en die baba moet so gou moontlik geopereer word. Die kans op oorlewing is beter as die ductus (sien PDA) oop bly. Die l-Transposisie van die groot slagare is ‘n dubbele transposisie en eintlik ‘n groter strukturele fout, maar minder lewensgevaarlik omdat die longer steeds suurstofarm bloed kry en die liggaam wel suurstofryke bloed, maar wel van die swakker regterventrikel. Dit is die tweede algemeenste sianotiese defek – wat beteken dat die baba blou is. Die babas moet binne ‘n maand na geboorte geopereer word.

Transposisie van die Groot Slagare

D-Transposisie van die Groot Slagare

L-transposisie van die Groot Slagare

L-transposisie van die Groot Slagare

Lees meer oor Transposisie van die groot slagare.

5. Tetralogie van Fallot
Dit is die algemeenste sianotiese letsel, wat beteken dat die baba blou word.
Soos die naam aandui, beteken dit die hartjie het vier foute:

  1. ‘n gat tussen die twee ventrikels (VSD)
  2. ‘n obstruksie van die hart na die longe
  3. die aorta lê bo-oor die ventrikels
  4. die linkerventrikelspier raak uitermate dik
Tetralogie van Fallot: Met vier ernstige defekte in die hart, is oorlewing sonder 'n groot operasie nie moontlik nie.

Tetralogie van Fallot: Met vier ernstige defekte in die hart, is oorlewing sonder ‘n groot operasie nie moontlik nie.

Hierdie defekte is lewensgevaarlik en kan slegs met ‘n baie ingewikkelde operasie herstel word. Hulle kan bietjie wag voor operasie, maar ‘n operasie is noodsaaklik.
Lees meer oor Tetralogie van Fallot.

6. Hipoplastiese linker-ventrikel
Met hierdie defek is die linkerventrikel baie swak ontwikkel en is nie sterk genoeg om bloed deur die liggaam te pomp nie. Dit is lewensgevaarlik.

Hipoplastiese linkerventrikel: die linkerventrikel se wand is dik, maar onfunksioneel. Die hart kan nie bloed deur die liggaam pomp nie.

Hipoplastiese linkerventrikel: die linkerventrikel se wand is dik, maar onfunksioneel. Die hart kan nie bloed deur die liggaam pomp nie.

 

Lees meer oor Hipoplastiese linker-ventrikel.

7. Defekte aorta- of pulmonale klep
Aortaklep stenose: As die aortaklep nie behoorlik oopmaak en sluit nie, kan bloed verby klep lek. As die bloed wat van die linkerventrikel na die liggaam gepomp word, in die linkerventrikel vasgevang word, bou die druk op en beskadig die hart. Dit lei tot hartversaking. Waar kleppe nie reg werk nie, is dit bekend as obstruktiewe hartdefekte.

Stenoci aortic valve

Aortaklep stenose

Lees meer oor Aortaklep stenose.

Pulmonale klep stenose: As die klep nie behoorlik open of sluit nie, dam bloed in die regterventrikel op en kom daar nie voldoende bloed in die longe sodat suurstof bygevoeg kan word nie.

Stenose van die pulmonale klep

Stenose van die pulmonale klep

Lees meer oor pulmonale klep stenose.

8. Aorta-vernouiing, bekend as Koarktasie van die Aorta.
Hierdie vernouiing is net na die plek waar die slagare na die brein en boonste deel van die lyf uit die aorta ontspring. Die onderste deel van die lyf soos die lewer, niere en so meer kry nie genoeg bloed nie, en dit lei tot nierskade, hoë bloeddruk en hartskade.

Aortic coarc

Die aorta is vernou ‘n klein entjie van die hart af, en die onderste deel van die lyf kry nie voldoende bloedvoorsiening nie.

Lees meer oor Koarktasie van die Aorta.

9. Ebstein se anomalie.
Met hierdie defek sluit die klep tussen die twee regterkamers van die hart nie voldoende nie, en vloei die bloed van die regterventrikel terug in die regter-atrium. Dit gaan ook dikwels gepaard met ‘n gaatjie tussen die atria (ASD, sien bo)

Lees meer oor Ebstein se anomalie.

10. Totale Foutiewe Pulmonale Veneuse Konneksie (TAPVC)
Die longare vanaf die longe heg in heeltemal verkeerde posisies aan die hart en die suurstofryke bloed van die longe beland in die regter-atrium.  Dit gaan dikwels gepaard met ‘n gaatjie tussen die twee atria, wat juis die baba se lewe kan red, omdat van die suurstofryke bloed wel in die linker-atrium beland, na die linkerventrikel gaan, en dan na die liggaam gepomp word. Maar dis nie voldoende nie.

Total foutiewe pulmonale veneuse konneksie

Total foutiewe pulmonale veneuse konneksie

Lees meer oor Totale foutiewe pulmonale veneuse konneksie.

Let op na die simptome:

  • Groei nie goed nie
  • Voed nie goed nie, want dit verg te veel krag van die baba
  • Word blou: soms baie subtiel; net nie so pienk as jyself nie: kyk na tong. Dokters toets net oksitometer op die vingerpunt.
  • Stap entjie en word dan moeg
  • Hulle voete swel nie op nie.
  • Met klepdefekte, kan die dokter die suisgeluid hoor met die hartklanke. ‘n Verdere eggokardiogram kan dan die defek bevestig. Die dokter hoor die gesuis van die defekte klep(pe) tussen die twee hartklanke, dit is dan tydens ‘n hartsametrekking. As die bloed terugval is die gesuis na die twee hartklanke, en dus wanneer die hart ontspan.

Luister 11.30 na Gesondheid op RSG.

Fetale chirurgie: Luister ook na die onderhoud met ‘n fetale geneeskundige oor defekte wat voorgeboortelik reggestel kan word.

Hartklanke: Luister in die program na die verskillende hartklanke en hoe dit klink as ‘n klep  foutief is.