ADHD: wat is fiksie en wat is feit?


In  ‘n reeks programme bespreek prof. André Venter, een van die land se voorste kenners oor ADHD, oftewel aandaggebrek-steurnis, dié probleem.

Die hoofkenmerke is swak konsentrasievermoë en impulsiewe gedrag. ADHD-kinders is geneig om ure aaneen videospeletjies te speel. Sommige speel baie sport en ander hou niks daarvan nie. Maar ‘n tipiese kenmerk is dat hulle take en sportsoorte begin maar gou tou opgooi.

Luister wat hy in die eerste program oor die probleem en die diagnosering van ADHD sê, en ook enkele omstrede kwessies pront-uit takel.

Luister hier na die tweede program in die reeks oor ADHD.