Die mense van TWEEDE TUISTE


Ek was bevoorreg om interessante, dankbare en baie toegewyde mense te ontmoet toe ek Saal A7, die Tygerberg Hospitaal se dialise-eenheid besoek het vir opnames vir die dokumentêre program TWEEDE TUISTE, wat Donderdag 29 Januarie 2015 om 8-uur uitgesaai word.

Meer as 3000 Suid-Afrikaners met nierversaking wag tans op ‘n nieroorplanting. Terwyl hulle wag, is die enigste behandeling dialise-terapie. Hemodialise behels drie besoeke per week aan ‘n dialise-eenheid, waar die pasiënt elke keer vier ure op ‘n slag aan die dialisemasjien gekoppel word. Pasiënte op dialise spandeer dus 12 ure per week by die eenheid, gekoppel aan ‘n masjien, terwyl hulle moet aangaan met die res van hul lewe.

Baie van die personeel is al langer as 25 jaar betrokke by die versorging van nierpasiënte.

Luister hier na die program.

Só lyk die mense wat aan die program deelgeneem het.

Louis Paulse ly aan polisitiese niersiekte, en ontvang hemodialise. Hy hoop 'n geskikte skenkernier kan in hom oorgeplant word. Dialise gee hom weer energie.

Louis Paulse ly aan polisitiese niersiekte, en ontvang hemodialise. Hy hoop ‘n geskikte skenkernier kan in hom oorgeplant word. Dialise gee hom weer energie.

Mev Romans ondergaan hemodialise. Haar dogter gaan 'n nier aan haar skenk.

Mev Romans ondergaan hemodialise. Haar dogter gaan ‘n nier aan haar skenk.

Mnr Cornelius Smith, hoof-verpleegkundige van die nier-eenheid. Hy is al jare verbonde aan die niereenheid en is passievol oor sy werk.

Mnr Carolus Smith, hoof-verpleegkundige van die nier-eenheid. Hy is al jare verbonde aan die niereenheid en is passievol oor sy werk.

Suster Holmes is al langer as 25 jaar by die eenheid en sê die pasiënte word soos familie.

Suster Jacqueline Holmes is al langer as 25 jaar by die eenheid en sê die pasiënte word soos familie.

Mnr Arthur Fransman, kliniese tegnoloog verantwoordelik vir die tegniese aspekte van die werking van die hemodialisemasjien. Hy werk as 40 jaar met dialisemasjiene.

Mnr Arthur Fransman, kliniese tegnoloog verantwoordelik vir die tegniese aspekte van die werking van die hemodialisemasjien. Hy werk as 40 jaar met dialisemasjiene.

Sr Solomons, die oorplantingskoördineerder van Tygerberg Hospitaal.

Sr Dorothy Solomons, die oorplantingskoördineerder van Tygerberg Hospitaal.

Ina Steenkamp, maatskaplike werkster wat daagliks nierpasiënte en hul families help, en ook die verpleegpersoneel ondersteun.

Ina Steenkamp, maatskaplike werkster wat daagliks nierpasiënte en hul families help, en ook die verpleegpersoneel ondersteun.

Prof Razeen Davids, hoof van nefrologie aan die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Hospitaal. Om niersiektes vroeg op te spoor - want daar is eers simptome as daar byna geen nierfunksie meer oor is nie - moet jou bloeddruk goed gekontrolleerd is op verkieslik 120/80 mm Hg en moet jy jou urine gereeld met doopstokkies laat toets want daar mag geen proteïene in jou urine wees nie.

Prof Razeen Davids, hoof van nefrologie aan die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Hospitaal. Om niersiektes vroeg op te spoor – want daar is eers simptome as daar byna geen nierfunksie meer oor is nie – moet jou bloeddruk goed gekontrolleerd is op verkieslik 120/80 mm Hg en moet jy jou urine gereeld met doopstokkies laat toets want daar mag geen proteïene in jou urine wees nie.

Dankie aan almal wat aan die program deelgeneem het.

As jy dalk oorweeg om ‘n orgaanskenker te word, kontak die Orgaanskenkerstigting van Suid-Afrika: www.odf.org.za, of epos: capetown@organdonor.org.ca, of bel 080022 66 11 (tolvry)

Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG.