Crohn se siekte en dikdermprobleme


Groot vooruitgang is die afgelope 10 – 15 jaar gemaak in die behandeling van Crohn se siekte, een van die twee bekende inflammatoriese dermkanaalsiektes.

Luister vandag 11:30 – 12:00 hoe prof. Wim de Villiers, een van die wêreld se voorste kundiges op die gebied van inflammatoriese dermkanaalsiektes, oor hierdie probleem gesels en die jongste behandelings beskryf.

Crhon1Inflammatoriese dermkanaal siektes kan verdeel word in twee hoofgroepe naamlike ulseratiewe kolitis en Crohn se siekte.
Ulseratiewe kolitis kom hoofsaaklik aan die linkerkant van die dikderm voor (dus in die dalende deel van die kolon) terwyl Crohn se siekte die hele dermkanaal van die mond tot die anus kan aantas.

Beide is chroniese inflammatoriese siektes.

Sowat een uit 300 mense ly aan een die siektes.

Die oorsake is ‘n interaksie tussen genetiese faktore, bakteriee en immuun-defekte.

Ulseratiewe kolitis beteken letterlik inflammasie in die kolon, en slegs die dikderm. Dit is ulseratief wat beteken dat daar byna altyd bloed in die stoelgang is, en baie keer diarree en buikkrampe. Dit is ‘n oppervlakkige ulserasie van die dikdermwand.

Crohn se siekte kan in 30% van gevalle ook die dikderm aantas, en in 70% van gevalle ander dele van die dermkanaal. en gaan gepaard met diarree, pyn en gewigsverlies. Dit kan ook die gewrigte, oë, lewer en die vel aantas, want dit is ‘n outo-immuun siekte. Die algemeenste plek wat dit aantas is die laaste deel van die dunderm en by die aansluiting tussen die dun- en dikderm. Crohn se siekte is soos mikro-perforasies van die hele dikdermwand.

crohn2

Só lyk die binnekant van die dermkanaal van iemand met Crohn se siekte – chroniese inflammasie.

 

Ander dikdermprobleme
colon-anatomyDie dikderm is in verskeie dele opgedeel.

Hierdie skets kan jou help om die verskillende dele van die dikderm uit te ken.

Prikkelbare dermsindroom
In die eerste aflewering in die reeks het Marí Hudson met dr. Maarten Prins, gastro-enteroloog by Mediclinic Panorama en deeltydse dosent by die Universiteit van Stellenbosch, oor prikkelbare dermsindoom (ook bekend as spastiese kolon of ‘leaky gut syndrome’) gesels.

Luister hier na die potgooie:

Deel 1.

Die tweede deel van die program, is oor die oorsake en simptome van spastiese kolon oftewel prikkelbare dermsindroom is nie lewensbedreigend nie, maar baie lastig, en die simptome kan afwisselend diarree en hardlywingheid wees.

Deel 2.
In die eerste deel van die program word die behandeling van prikkelbare dermsindroom bespreek en in die tweede deel divertikulose.

Het jy geweet mens kry sowat 5 verskillende soorte lakseermiddels wat elk op ‘n ander manier werk? Het jy geweet pitjies-vrugte verhoog nie jou kans op divertikulitis nie? Marí Hudson kyk na prikkelbare dermsindroom en divertikulose.