Daardie okkerneut in ‘n man se lyf

Daardie okkerneut in ‘n man se lyf


November is Movember, die maand met die fokus op mansgesondheid en wel veral op prostaatprobleme en testikulêre kanker en deesdae ook op depressie en onaktiwiteit.

Maar om in Movember ‘n snor te kweek, beteken min indien dit nie lei tot meer mans wat vir prostaat-ondersoeke gaan of op die regte manier self-ondersoek doen vir testikulêre kanker nie.

Het jy geweet dat…

  • baie mans bo 50 jaar se prostaat self begin groei van die grootte van ‘n okkerneut tot selfs so groot as ‘n tennisbal;
  • dat die groeiende tennisbal baie strukture kan platdruk;
  • dat probleme met urinering – te gereeld, te min op ‘n slag, baie opstanery in die nag – en gereelde blaas-infeksies tipiese simptome is, en dat dit eintlik blaas- en prostaatinfeksie is en nie net blaas-infeksie nie;
  • dat dit sowat sewe tot 10 jaar duur vir prostaatkanker om te ontwikkel van die eerste foutiewe selverdeling tot diagnoseerbaar;
  • dat die verwydering van die prostaat tot onvrugbaarheid sal lei, maar nie tot impotensie nie.
  • dat gereelde opsporingsondersoeke – deur ‘n bloedtoets om die PSA-vlakke vas te stel en ‘n rektale ondersoek deur ‘n uroloog – tot die vroeë opsporing van prostaatvergroting en -kanker kan lei en dat vroeë behandeling jou lewe kan red?

Meneer, weet jy of jy ‘n okkerneut of ‘n tennisbal ronddra?

Luister

  • Luister hier hoe dr. Pierre von Vollenhoven, uroloog by Mediclinic Panorama, die jongste feite oor prostaatprobleme en prostaatkanker verduidelik, insluitend die simptome, diagnose en behandeling.
  • Luister ook Woensdag 2 Desember om 11:30 na die bespreking van testikulêre kanker en hoe om die korrekte self-ondersoek te doen op Gesondheid op RSG.
  • Lees en luister nog meer oor prostaatprobleme en die robotmasjien wat nou ingespan word om ‘n prostaat te verwyder: klik hier.

Waar is die prostaat geleë?
‘n Man se prostaat is onder sy blaas geleë en so groot soos ‘n okkerneut. Maar – moontlik weens hormoonveranderings in die man in sy vyftigerjare en later – begin die prostaat te vergroot. Dit kan so groot soos ‘n tennisbal word en die massa kan meer as 300 gram weeg.

‘n Vergrote prostaat kan strukture soos die blaas en blaaspypies platdruk en tot simptome soos probleme met urinering lei.

Hierdie illustrasies toon waar die prostaat onder by die blaas geleë is en hoe ‘n dokter maklik met ‘n rektale ondersoek kan voel of die prostaat vergroot is al dan nie.

prostate-illustration-enlarge

CDR457840 digital rectal exam

enlargedprostate2