Mevrou, lek jou blaas?


Daar is hulp as jou blaas lek, of jy ander onnoembare probleme soos prolaps het.

dr_petrus_krugerDr. Pieter Kruger (links), uroginekoloog by die Universiteit van Kaapstad en Groote Schuur Hospitaal en ook by die Vincent Palotti Hospitaal in Pinelands en die Christiaan Barnard Hospitaal in Kaapstad, verduidelik in Gesondheid op RSG wat die beste en nuutste behandeling vir dié sensitiewe probleme is.

Luister hier na die program.

Luister hier na die program waar die spesialiste ook luisteraarsvrae beantwoord.

Lees meer oor Dr Kruger. Klik hier vir die kontakbersonderhede van dr Kruger en dr Stephen Jefferey.

As ‘n vrou se blaas lek, kan dit een van twee probleme wees:

  • Is jy inkontinent wanneer jy hoes of nies? Dan is dit druklek. Dit kan met chirurgie reggestel word. Klik hier vir meer inligting oor die operasie.
  • Is jy inkontinent omdat jy net nie goed of lank genoeg kan knyp nie? Dan kan die oorsaak ‘n ooraktiewe blaas wees. Het jy geweet dokters kan deur botox in die blaas te spuit, baie vroue help? (Klik hier vir meer inligting oor die botoks-behandeling vir ‘n ooraktiewe blaas). Dan kan spesialiste soos uroginekoloë ‘n klein sendertjie in jou laerrug inplant wat soos ‘n blaas-aangeër werk en keer dat jou blaas te vinning en te veel saamtrek. Klik hier vir meer inligting.

Dan is daar ook die probleem van prolaps, waaroor vroue nie wil praat nie.
Prolaps beteken dat die vagina uitsak na buite. Dié probleem kan ook met chirurgie opgelos word.

Vir meer inligting oor die probleme, besoek www.urogynaecology.co.za.

Klik hier vir meer inligting oor al die prosedures en behandelingsopsies. Al die behandelingsprosedures word in besonderhede hier bespreek.

Die belangrikste is om die regte en beste chirurg te kies om die soort operasies te doen, soos ‘n uroginekoloog (waarvan daar maar tans 2 in die land is, en albei in Kaapstad) of ‘n uroloog met ‘n spesifieke belangstelling in dié soort chirurgie.

Luister in die tweede van die program:
Nuwe 5 minute sterilasiemetode sonder narkose
Dr Judy Kluge, hoof van gesinsbeplanning by die departement van Ginekologie en Verloskunde by die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal, verduidelik hoe dit werk.

Wil jy meer weet oor die jongste en beste metodes van voorbehoeding/kontrasepsie, luister hier.