Pak noodhulp-tassie vir kinders en vakansie só


Somervakansies met kinders – wat kan verkeerd loop?

20357662_mElke ma weet dat skrape, snye, brand- en bytplekke, bloukolle en trane deel is van vakansiepret en –avontuur. As ma’s dit sal waag om ‘n lysie te maak van al die klein ongelukkies wat op ‘n seevakansie of ‘n vakansie in die bos kan gebeur, sal menige ouer sekerlik óf daar en dan besluit om eerder tuis (en veilig) te bly, óf ‘n treiler vol noodhulp-voorraad wil saamsleep.

Gelukkig is dit asof daar ‘n spesiale instink in ouers ingebou is om hul kinders se ongelukke of ongelukkies te hanteer. Wanneer ons peuter wankelrig sy eerste tree gee, net om gereeld op sy ken of voorkop te val, word ‘n primitiewe instink aangeskakel om ‘n oorbeskermende ma in ‘n parate ma te verander. ‘n Pers knop so groot soos ‘n eier op jou kind se voorkop van stampe teen die eetkamertafelpunt, tot ‘n bloeiende skraap van ‘n val van sy stoot-fietsie – word deel van ‘n ouer se lewe en ontstel ons nie meer so erg nie. Met ontsmettingsmiddel, helderkleurige pleisters en baie drukkies en soene, weet ‘n ma nou dat sy baie klein ongelukkies kan hanteer.

Die geheim is om voorbereid te wees op al die ongelukkies wat jou kind kan tref. ‘n Noodhulp-kissie is ‘n moet in elke huis, kar of reistas.

Eenvoudige, maar noodsaaklike items in die noodhulp-kissie vir jou kind, behoort die volgende in te sluit:

Verbande en middels vir wonde, skrape en so meer:

  • Watte-pluisies, wat ingespan word om die wond skoon te maak voordat jy ‘n pleister of verband opsit.
  • Kleefverbande, gewone verbande en steriele verbande om die wonde te versorg en te verbind.
  • Knippies om die verbande netjies in plek te hou.
  • Pleisters van verskillende groottes on die wonde te bedek.
  • Driehoekige verbande wat as ‘n ‘sling’ gebruik kan word vir ‘n beseerde arm of enkel, ens.

Medisyne en middels:

  • Pynstillers wat geskik is vir kinders soos parasetamol (Panado)
  • A.Vogel se Arnica D6 druppels teen skok en trauma. (Studies het ook getoon dit verminder die omvang van bloukolle ná ‘n stamp of trauma en heelwat tandartse skryf dit voor vóór ‘n prosedure).
  • Rehidrasie-soute wat in water opgelos kan word om vog te vervang wat verlore gaan as die kind diarree het, of braak of sonsteek opgedoen het.
  • Middels om diarree te help behandel soos A.Vogel Gastronol vir krampe en pyn, en A.Vogel Molkosan om te help om weer die derm-flora se balans te herstel. Insekweerder geskik vir kinders.
  • Om insekte af te weer: ‘n Paar druppels Thursday Plantation teeboom-olie wat jy vermeng in 500ml gedistilleerde water in ‘n spreibottel maak ‘n baie doeltreffende insekweerder wat veilig en nie-toksies is nie.
  • Vir brandwonde: Volgens prof Heinz Rhode, verbonde aan die Rooi Kruis Kinderhospitaal en een van die land se voorste mediese spesialiste in die behandeling van brandwonde by kinders, behoort elke ouer ‘n bottel teeboom-olie-sproei in sy noodhulp-kissie te hê om onmiddellik op ‘n brandwond te spuit (of die brandwond onder koel water af te koel) en – as dit ernstig is – dan by die hospitaal te kom omdat dit help om die brandproses, wat voortduur solank die plek warm bly, te stop.
  • Wat van antiseptiese rome, anti-bakteriële middels en sproeie? Jy kan werklik alles vervang met die baie veelsydige Thursday Plantation Tea Tree Oil. Die antiseptiese, ant-bakteriële, anti-swam en voordelige eienskappe van hierdie medisinale gegradeerde olie is deur wetenskaplike studies bewys. Jy benodig ook werklik slegs ‘n paar druppels om snye, skrape, insekbyte, bloublasie-brande en brandplekke ná sonbrand te behandel. Die olie word in ‘n klein bottel verpak en neem dus min ruimte op in jou noodhulp-kissie en is boon-op natuurlik wat versekr dat jy nie sterk chemiese middels op jou kind se oop wonde gebruik nie.
  • Sonskermmiddel (SPF 30, want slegs een of twee erge rooibrand-sonbrande kan later tot velkanker lei.
  • Seesiek-tablette geskik vir kinders, soos Pegasus Travel Sickness pillules
  • Bykomende spesifieke medikasie: Natuurlik sal jou nog ander medisyne by jou noodhulp-kissie wil voeg, afhangend van jou kind se spesifieke behoeftes soos allergie-medisyne en ander medikasie wat jou kind tans gebruik soos asmapompies en so meer.

Ander noodsaaklikhede:

  • Wegdoenbare mediese handskoene om aan te trek as jy ‘n wond versorg
  • ‘n Koorspen
  • ‘n Knyptangetjie (tweezer)
  • ‘n Groot en klein skêr

Voorsorg teen atleetsvoet en ander kieme: As jy in ‘n vakansie-blyplek tuisgaan, is Thursday Plantation tea tree oil ook perfek om in die storte, baddens en wasbakke te drup as anti-bakteriële middel vir daardie ekstra gemoedsrus voordat jy dit gebruik. Mens weet nie of die vorige vakansiegangers dalk hoogs-aansteeklike atleetsvoet gehad het nie. As jy of jou kinders ‘n openbare of strand-stort gebruik, sal ‘n paar druppels op jopu voete jou help beskerm teen die opdoen van swam-infeksies soos atleetsvoet.

Naaste dokter en hospitaal se besonderhede en nommer: As jy met vakansie gaan, onthou om die kontakbesonderhede van die naaste dokter of hospitaal by jou vakansiebestemming op te kyk en die nommers op jou selfoon te laai.

Met ‘n bietjie voorbereiding en ‘n basiese noodhulp-kissie, is jy en jou kinders gereed om jul vakansie te geniet, met ‘n paar goeie wapens in jou arsenaal om die meeste ongelukkies te hanteer.

Maar die belangrikste, pak baie liefde en drukkies ook in, ry versigtig, geniet julle vakansie en kom veilig en uitgerus tuis.