Die gevaarlikste vet in jou lyf


Het jy geweet die vet om jou middellyf en in en om jou organe is uiters gevaarlik?

Die vet om jou middellyf en in jou buik tree anders op as enige ander vet in jou lyf. Dit skei toksiese stowwe af en rig skade aan jou lewer en ander organe aan en ‘n hoëvet-dieet kan jou binne 6 weke ‘n diabeet maak.

Luister na die onderhoud met Dr Tess van der Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria se mediese skool, en een van die land se voorste kenners op die gebied van vetmetabolisme.

Luister op 16 Maart 11:30 tot 12:00 na ‘n opvolgprogram met prof. Van der Merwe, waar sy bespreek wat mens kan doen om die gevaarlike abdominale vet te verminder.