Die mense van ‘n daghospitaal – luister weer

Die mense van ‘n daghospitaal – luister weer


Hulle bedien ‘n area met ‘n bevolking van 90 000 mense. Die 123 personeellede van die Elsiesrivier Daghospitaal het die groot taak om in dié gemeenskap se mediese behoeftes te voorsien. Dis enersyds ‘n instansie met groot uitdagings, maar andersyds is dit reeds vir meer as 40 jaar ‘n baken van hoop vir menige wat mediese hulp benodig.

Donderdag 15 September om 8 uur die aand kon jy luister na ‘n dokumentêr deur Martelize Brink oor die lief en leed van die personeel van die daghospitaal en mense van Elsiesrivier en omliggende gebiede wat hulle bedien.
“Suster Nomzamo Vali verduidelik hoekom sy hierdie werk gekies het”.

Luister hier na die volledige program: Klik hier om te luister.

Suster

Suster Nomzamo Vali

Bestuurder

Rona Kasker, bestuurder van die Elsiesrivier Daghospitaal.

Waar is Elsiesrivier?
Elsiesrivier lê tussen die N1 en N2, aan die N2 se kant van Voortrekkerweg. Dit word omring deur Goodwood, Vasco en Parow-Oos aan die N1-kant van Voortrekkerweg; Ruyterwacht, Epping nywerheidsgebied en Bonteheuwel aan Kaapstad se kant; Matroosfontein aan die N2 se kant en Parow se nywerheidsgebied en Ravensmead aan die Tygerberg-kant.

Hier woon sowat 90 000 en die meeste inwoners is bruin. Van die bekendste inwoners is die musiek-egpaar Virginia en John Davids.

elsies

Hier is ‘n paar foto’s om ‘n oorsig te gee

Elsies dagh

elsies2

Elsies pool

Elsies4

Elsies6

Elsies8

Elsies9
Elsies huis

 

 

screen-shot-2016-09-09-at-2-12-50-pm

elsies10