Die wêreld se kleinste pasaangeër

Die wêreld se kleinste pasaangeër


Die kleinste pasaangeër in die wêreld is pas in Mediclinic Panorama in Kaapstad ingeplant. Dié reeks van vier inplantings is die eerste kommersiële reeks van inplantings post-FDA-goedkeuring van dié piepklein pasaangeër.

Dr Razeen Gopal, kardioloog en elektrofisioloog verduidelik op Gesondheid op RSG meer oor dié en ander pasaangeërs werk, hoe dit ingeplant word en wanneer iemand ‘n pasaangeër nodig het.

Luister hier na die program.

Hier is agtergrond-inigting oor die klein pasaangeër:

  • micra-vs-coinDie pasaangeër is so groot soos ‘n vitamienpil: dis 6mm in deursnee, 25mm in lengte, word in die hart (spesifiek in die regterventrikel) ingeplant.
  • Dit het geen drade nie.
  • Die prosedure om die pasaangeër in te plant, duur sowat 30 – 35 minute. Die pasiënt word onder bewuste sedasie en nie onder volle narkose nie.
  • Dit kan binne die eerste dae en weke weer verwyder word, maar binne drie maande groei die pasiënt se eie endoteel oot die toestelletjie en word dit eintlik deel van die hart.
  • Die batteryleeftyd is sowat 10 jaar, waarna ‘n tweede en derde toestelletjie weer ingeplant kan word sonder dat die eerste verwyder word.

Só is die pasaangeër in die hart ingeplant

img_2326Die kleinste pasaangeër in die wêreld, is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar. ‘n Reeks van vier is pas in Mediclinic Panorama in vier pasiënte met hartritmedefekte ingeplant. Die pasaangeër is so groot soos ‘n vitamienpil, is koordloos en word direk in die regterventrikel van die hart ingeplant. Die prosedure duur sowat 35 minute. Ons was saam met Dr Razeen Gopal, kardioloog en elektrofisioloog van die Kaapstad AF Sentrum in die teater en wys hoe dit gedoen is.

Stap 1: Die pasiënt word onder bewuste sedasie geplaas. Die katetergidsdraad word deur haar femorale vene in haar lies tot in haar hart gedruk.

Stap 2: Die pasgaangeër word voorberei deur vloeistof en heparien deur dit laat vloei om bloedstolling te voorkom.

screen-shot-2016-10-18-at-1-36-16-pmStap 3: Die pasaangeër se gidsdraad is nogal dikkerig en word tot in hart se regterventrikel gedruk. Dit moet spesifiek aan die onderkant van die regterventrikel teen die septum vasheg omdat die septum relatief dik is en nie maklik kan perforeer nie.

Stap 4: Die elektrofisioloog toets of die pasaangeër op die regte plek in hart is en of hy sy klein hakies stewig vasgeheg is.

img_2332Stap 5: Die programmeerder word op die pasiënt se bors geplaas om die pasgaangeër se aktiveer en die korrekte ritme te progammeer. Die pasaangeër het ‘n versnellingsmeter sodat die ritme versnel as die pasiënt oefening doen

Stap 6: Die programmeerder word weggeneem van die bors.

Stap 7: Die gidsdraad word uit die lies getrek en die klein snit word met ‘n paar stekies geheg. Die pasiënt se endoteel groei binne drie maande oor die pasaangeër sodat die toestel nog gladder is en die kans op verwerping uiters skraal is.

img_2337Dr. Raed Sweidal, elektrofisioloog van Jeddah in Saudi Arabië, het ervaring in die inplanting van die klein intrakardiale pasaangeërs. Hy het die eerste kommersiële inplantings in Afrika en Suid-Afrika bygewoon. Hy sê die klein intrakardiale pasaangeër is die pasaangeër van keuse in enige pasiënt wat ‘n enkelkamer-pasaangeër benodig.

Dr Razeen Gopal, kardioloog en elektrofisioloog van die Kaapstad AF Sentrum in Mediclinic, verduidelik in die onderhoud wie is kandidate spesifiek vir enkel-, dubbel- en driekamerpasaangeërs.

screen-shot-2016-10-26-at-11-01-34-amDie eerste pasiënt van die reeks is mev. Joan van Niekerk (74) van Brackenfell (regs), is ná 24 uur ontslaan.

Pasiënte met atriale fibrillasie wat ‘n pasaangeër kry, sal enkele weke later ‘n AV knoop ablasie ondergaan om te keer dat die abnormale impulse nie deur die AV knoop gelei word nie, en die hart die ritme van die pasaangeër volg.

Kyk na die video van die prosedure:

Hier is nog ‘n kort video:

Hier is ‘n animasie-video om die prosedure te verduidelik:


Vir meer inligting oor pasaangeërs en hartritmedefekte, besoek http://www.capetownafcentre.co.za/

Luister ook na die program oor hartritme-stoornisse.

Deur Marí Hudson