Dienste in staats- psigiatriese hospitale is ‘skrikwekkend’


Die land se staats psigiatriese dienste is skokkend swak. Die staats- psgiatriese hospitale is in ‘n kritieke toestand, het die -Afrikaanse Vereniging van Psigiaters (SASOP) met ‘n ondersoek in al die land se provinsies bevind.

Luister Woensdag 11:30 na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met prof. Bernard Janse van Rensburg, president van SASOP oor die kritieke situasie in Suid-Afrika se staats- psigiatriese dienste.

Agtergrond inligting
Die uiters kritiese situasie wat in die staats geestesgesondheids hospitale gevind is en onaangespreekte kwessies wat in Februarie vanjaar deur die Gesondheidsombudsman gerapporteer is, het gelei tot die provinsiale subgroeplede van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters (SASOP) se forumsverslaggewing oor die toestand van sorg in hul onderskeie streke.

Die resultaat is skrikwekkend en dien as ’n tweede oproep van SASOP vir die hersiening van die geestesgesondheidsorgstelsel in al die provinsies.

Limpopo en die Oos-Kaap provinsies het die grootste gebrek aan hulpbronne, sê professor Bernard Janse van Rensburg, president van SASOP.

“Slegs ses openbare psigiaters bedien die hele Limpopo, hoofsaaklik vanuit algemene hospitale. Hayani-hospitaal, ’n spesialis-hospitaal van 390 beddens, waar daar in 2016 ’n psigiatriese verpleegster deur ’n pasiënt vermoor is, het tans geen psigiater nie”.

“Kinder- en tiener psigiatriese sorg bestaan ​​nie in die Oos-Kaap en Limpopo provinsies nie, en in alle provinsies moet psigiaters kinders en tieners onwettig laat opneem in volwasse psigiatriesale. Geen provinsie het tans ’n georganiseerde gemeenskapsgebaseerde psigiatriese diens nie.”

Die verslag het bevind dat Mpumulanga en die Noord-Kaap geen publieke psigiatriese verteenwoordiging het nie, terwyl daar in KwaZulu-Natal ’n reuse spesialis personeelkrisis bestaan, waar daar slegs 20 van die 45 spesialisposte gevul word.

“Met fisiese beddens wat ontbreek, en ander wat nie in gebruik is as gevolg van die oorstromings van sale wat veroorsaak is deur onherstelde beskadigde dakke sedert 2015, asook water en voedseltekorte by sommige hospitale soos Umzimkhulu in KwaZulu-Natal en baie ander hospitale regoor die land, is die mees fundamentele basiese menseregte van pasiënte in gevaar”.

Professor Janse van Rensburg sê die Oos-Kaap sukkel met ’n gebrek aan algemene hospitaalbeddens om akute psigiatriese opnames te akkommodeer. In die meeste streke het die onvermoë om aggressiewe gedrag deur ernstige geestesongestelde mense te hanteer, lang waglyste vir forensiese psigiatriese dienste tot gevolg gehad”.

Ander algemene temas wat na vore gekom het, was ’n afwesigheid van geestesgesondheids direktorate in vyf van die nege provinsies en dat geestesgesondheid hersieningsrade oor die algemeen disfunksioneel in alle provinsies is.

“Geestesgesondheid hersieningsrade is essensiële strukture waar die Wet op Geestesgesondheidsorg van 2002 voorsiening maak vir menseregte van dié pasiënte wie se gestremdheid of akute siekte hulle nie in staat stel om selfstandig te funksioneer nie. Daar bestaan egter ’n leemte aangesien sulke pasiënte wat in die gemeenskap woon, nie beskou word as mense wat geregtig is op hierdie beskerming nie”.

“Wanneer hulle in die gemeenskap woon, of dit nou by familie of in ’n tehuis is, moet die ernstige geestesversteurdes toegang hê tot fisiese en psigiatriese sorg by distriksgesondheidsdienste, met spoedige hospitaalopnames wanneer dit nodig is. Die verslag het ’n groot gebrek aan kommunikasie en beplanning ten opsigte van die verskaffing van psigiatriese sorg op alle vlakke van die geestesgesondheidsorgstelsel, veral by distriksdienste en in algemene hospitale, getoon”.

SASOP het in Februarie reeds gepleit vir ’n volledige opknapping van die geestesgesondheidsorgstelsel na aanleiding van die vrystelling van die verslag deur die Gesondheidsombudspersoon.

“Die gesondheidsombudsverslag het aanbeveel dat aksie binne 45 dae voltooi moet word, maar 150 dae later is dit duidelik dat die algemene swak toegang tot beide fisiese en geestesgesondheidsorg op gemeenskapsvlak steeds onaangespreek is en dat daar nog geen omvattende remediërende strategie in Gauteng, of elders bestaan nie. Ons eie verslag dien nou as ’n tweede oproep om aksie te neem”.

“Terwyl feitlik al die vorige Life Esidimeni-pasiënte vanaf die NRO’s in Gauteng in die hospitaal terug oorgeplaas is, wag ons nog steeds op positiewe optrede oor ander belangrike aanbevelings van die Gesondheidsombudspersoon. Veral aanbeveling 16, met verwysing na die hele geestesgesondheidstelsel wat hulpbronne, ontwikkelde gemeenskapsgebaseerde primêre en spesialis multidissiplinêre spanne moet insluit. Die realiteit is egter dat die gesondheidstelsel nie voldoende voorsiening maak vir die duisende mense wat steeds met geestesongesteldheid in die gemeenskap leef nie”.

Prof Janse van Rensburg sê: “Die spesifieke behoeftes en hoogste prioriteite van elke provinsie moet aangespreek word. Die versuim om toeganklike geestesgesondheidsorg te verskaf, sal net die uitkringende stigma en diskriminasie van geestesongesteldheid in Suid-Afrika vererger.”