Dit gaan goed met Phalo!


Phalo (links) en Petrus (regs)

Phalo (links) en Petrus (regs)

Ek het Woensdagmiddag 12 Oktober saam met Phalo Gayiya van De Doorns, wat drie maande gelede ‘n hartoorplanting in die Christiaan Barnard Gedenkhospitaal in Kaapstad ondergaan het, en letterlik op die randjie van die dood omgedraai het, in Johannesburg by Foxwood Ateljees gekuier.

img_2315Hy en sy ouers het die skenker van sy hart, Zonika Scheepers, se ouers, broer en hele familie ontmoet. Phalo (8) en Petrus (15), broer van Zonika, het saam ‘n roosboom in Foxwood Huis se tuin geplant ter nagedagtenis aan Zonika. Phalo en Petrus was die hele dag lank onafskeidbaar en elkeen het gesê hy het ‘n nuwe broer bygekry. Die byeenkoms was emosioneel, maar baie vertroostend en berustend. Dr Susan Vosloo, wat die hartoorplanting gedoen het, het ook die geleentheid bygewoon.

Phalo het soos ‘n gesonde kind oral in die tuin gespeel – met sy nuwe maat Petrus en Petrus se twee nefies.

Phalo het op 14 Oktober verjaar en 8 jaar oud geword Hy is op 17 Oktober weer terug skool toe ná sy oorplanting.