Eet ‘n beter ontbyt vir meer energie


Dit staan al ‘n paar dekades bekend as “die belangrikste ete van die dag”. En die debat duur voort of die stelling waar is.

Een van die gevolge as jy nie gereeld ontbyt eet nie, is dat jou bloedsuiker daal met die volgende simptome:

  • jy’s bleek;
  • jy’s bewerig;
  • jy voel futloos en konsentreer moeilik;
  • jy raak al hoe hongerder;
  • jy is geïrriteerd en angstig;
  • jy sweet buitengewoon baie;
  • jy raak gou verward.

Dieetkundiges sê jy moet die brood en pap uitskakel en eerder proteïen soos spek en eiers eet.

Hier is ‘n paar lekker voorstelle:

  • ongegeurde Griekse jogurt met gekapte neute;
  • sampioen- en tamatieomelet;
  • avokado’s of gekookte eiers met bietjie sojasous;
  • hawermout met ‘n soutigheid soos spek;
  • gerookte salm met spinasie (as jy salm kan bekostig).

(Interessant: die woord omelet kom uit 15de-eeuse Frans; en die grootste omelet ooit was 128.5 m2 groot, gemaak met 160,000 eiers.)

Maar soos gewoonlik is die lekkerste ook die slegste vir jou:

  • kaneelbolletjies
  • vrugtesap
  • wafels en pannekoek
  • graankos-stafies

Lees meer oor wat ‘n gesonde ontbyt is.