Eierstok-weefsel gevries, ná kankerbehandeling teruggeplaas


Gesondheid: Woensdag 25 April 2018

Jy is nog jonk, maar pas gediagnoseer met kanker. Chemoterapie en/of bestraling wag. Maar jy wil graag ná jou herstel, ‘n baba hê. Ja, dit is moontlik, vir mans en vroue. En daar is selfs meer as een manier om dié droom waar te maak, selfs ná kankerbehandeling.

Prof. Igno Siebert

Marí Hudson gesels met prof. Igno Siebert, ‘n fertiliteitspesialis by die Aevitas-fertiliteitskliniek in Pinelands en die Departement Ginekologie en Verloskunde van die Universiteit van Stellenbosch, oor die jongste inligting nadat hy teruggekeer het van ‘n internasionale kongres.

Buiten eier- en embriobevriesing, is dit nou moontlik om eierstokweefsel te vries en later weer terug te plant, wat dan tot swangerskappe kan lei.