Jou 75 triljoen selle…


Meer energie , beter konsentrasie, beter welstand

Met slegs enkele weke oor tot die einde van die jaar, kan ons werklik die druk van alles wat nog afgehandel moet word, ervaar. Of jou kinders nou eksamen skryf, of jy rondharloop om jou werk vir die jaar af te rond en af te handel en of jy besig is om vakansiereëlings te finaliseer, kan die fisieke en emosionele aanslag op jou liggaam nogal sy tol eis.

‘n Groot werklas, min tyd  vir ontspanning en onwyse dieetkeuses kan ons moeg, moedeloos en gespanne laat, en dit werklik moeilik maak om mens se beste te lewer.

35144517_m
Jou 75 triljoen selle benodig baie meer as net ‘n aanvuller
Jou liggaam het 75 triljoen selle wat elke dag gevoed moet word om optimaal te funksioneer. En hierdie behoefte aan voldoende voedingstowwe is nóg groter wanneer ons so goed as moontlik moet fokus, konsentreer en onthou en ons elke greintjie van ons fisieke en emosionele stamina nodig het.

Om net soms of selfs vyf uit die sewe dae van die week gesonde, gebalanseerde maaltye te eet, is eenvoudig nie voldoende nie. Daardie 75 triljoen selle het voedingstowwe nodig, en is soos ‘n menige honger voëltjies, of jy nou ‘n maaltyd oorslaan en of jy ‘n pakkie tjips of ‘n muffin gryp pleks van ‘n gebalanseerde maal. Jou bloed moet aanhou om jou selle te bereik, jou hart moet aanhou klop, jou longe moet aanhou om suurstof te wissel en jou brein moet aanhou om flink te dink.

Inderwaarheid het jou selle elke dag sowat 100 verskillende essensiële voedingstowwe nodig om optimaal te funksioneer. Dít geld vir elke mens op hierdie planeet want mens-selle benodig almal dieselfde voedingstowwe, van boustowwe tot aminosure, minerale, vitamiene en spoor-elemente.  Boustene sluit in lesitien, glukaan, mannan, glutatioon, DNA, RNA, ATP, L-karnitien en ko-ensieme – voedingstowwe wat ons selle nodig het om nuwe selle te bou.

Die hoeveelhede van elke stof wat ons benodig kan varieer afghangend van ons ouderdom, ons aktiwiteitsvlakke, hoeveel spanning en stres ons beleef en ons huidige eetpatrone en dieet. Ons liggame streef die hele tyd om ‘n volkome balans te vind tussen die selle se behoefte en wat jy deur jou voeding aan jou liggaam bied. Maar sonder die regte voedingstowwe kan langdurige wanbalanse lei tot chroniese moegheid en selfs fisieke aftakeling, en dan kan siekte ‘n houvas op jou kry.

Ja, ons moet erken; ‘n perfekte, gesonde, gebalanseerde eetplan is nie maklik om vol te hou nie. Voorts bevat alle voedsel nie meer al die voedingstowwe soos van ouds nie vanweë ander boerderytegnieke, koue berging van voedsel en voedselprosessering.  Om gesond te eet verg tyd – tyd wat baie van ons in ons besige lewens – en veral hier aan die einde van die jaar – nie het nie. Dit is waarom dit nou algemeen erken word dat ons wel voedsel-aanvullers nodig het om voedingsgebreke aan te vul.

Wat is ons brein se behoefte in eksamentyd en onder druk?
As jou kinders nou eksamen skryf, is hul voedingsbehoeftes hemelhoog, en so-ook hul stresvlakke. Die brein is ‘n hongerige orgaan, en om goed te kan konsentreer, te fokus, en kennis vas te lê en te herroep, benodig jou breinselle voedingstowwe, veral spesifieke aminosure.

39385638_mOns benodig 20 aminosure om die meer as 50 000 nuwe en verskillende proteïne wat ons selle nodig het om goed te funksioneer.  Jou brein het elke dag wat jy lewe, aminosure as voeding nodig. Die vlakke van ons aminosure speel ‘n groot rol in ons vermoë om fisiek en emosioneel te fokus:

·       Om die waarheid te sê, tirosien is een van die aminosure wat ‘n belangrike rol speel om jou emosionele en fisieke energievlakke ‘n hupstoot te gee.

·       ‘n Ander noodsaaklike aminosuur is triptofaan wat omgeskakel word tot seotonien, wat ons kalm laat optree. As hierdie vlakke laag is, is ons meer vatbaar vir die negatiewe effekte van angs en stres.

Hoe kies mens ‘n aanvuller?
Om ‘n voedsel-aanvuller te kies, kan baie verwarrend wees.  In enige apteek is daar rakke vol produkte. Wat kies mens dan? Hier is ‘n paar wenke:
·      Soek die produk wat jou meer bied as bloot vitamiene. Vitamiene is slegs een van die voedingstowwe wat die liggaam benodig. Boustowwe soos aminosure, minerale en spoor-elemente is net so belangrik.

·      Vermy produkte wat kaffeïen of opkikkers (stimulante) bevat.

·      Kies een wat so natuurlik as moontlik is. Het jy al ooit gewonder waarom jou urine heldergeel is nadat jy ‘n multivitamien gesluk het? Dis omdat jou liggaam nie die sintetiese vitamiene herken nie, en dan word die meeste bloot deur die urine uitgeskei sonder dat die liggaam dit opneem. Ai, dit was dan eintlik geldmors.

Natuurlike aanvullers is beskikbaar
Daar is weliswaar natuurlike voedselanvullers van baie hoë kwaliteit beskikbaar, soos byvoorbeeld Biostrath, ‘n volledig natuurlike Switserse aanvuller. Dié aanvuller is al langer as 50 jaar beskikbaar en word ondersteun deur baie studies wat die middel se voordelige effekte op geheue, konsentrasie, energie, stres-verligting en algemene welstand bewys.

Biostrath verskaf 61 verskillende voedingstowwe aan die liggaam; 11 vitamiene, 18 aminosure, 19 minerale en spoor-elemente en 13 boustene.

Biostrath is 100% natuurlik sodat die liggaam dit maklik opneem, en geen chemiese stowwe word tydens die vervaardigings- en botteleringsproses bygevoeg nie.

Vir meer inligting, gaan na www.bio-strath.co.za.

Onthou!
Met ‘n gesonde eetplan, baie water elke dag en ‘n goeie omvattende voedingsaanvuller kan jy seker maak dat jy al die voedingstowwe inneem wat jou brein, en die res van jou liggaam, daagliks nodig het om optimaal te funksioneer.