3D drukwerk en stukkies been: En toe bou dokters ‘n nuwe skedel


Dink net:

  • Twee dogtertjies van twee lande in Afrika, elk met ‘n erg misvormde en selfs lewensbedreigende skedel en gesig
  • ‘n Amerikaanse Stigting wat bereid is hul operasies te borg, en versoek het dat die span rekonstruktiewe chirurge van Suid-Afrika die operasie uitvoer. (Die World Craniofacial Foundation in die VSA en die Smile Foundation in Suid-Afrika het saamgespan om die operasie met duur tegnologie moontlik te maak.)
  • Rekonstruktiewe chirurge van drie kontinente – Amerika, Europa en Afrika – wat deur talle videokonferensies koppe bymekaar gesit het om die operasies te beplan
  • Driedimensionale skanderings wat in Suid-Afrika gedoen is waarvolgens die Europese span ‘n absorbeerbare raamwerk met 3D-drukwerk gedruk het en na Kaapstad gestuur het
  • Spesiale stukkies droë been wat spesiaal verwerk is en gestroop is van proteïene en dus van antigeniese stowwe sodat geen verwerping moontlik is nie
  • ‘n Spesiale been-groeihormoon wat spesifiek beengroei stimuleer sodat die stukkies been geleidelik aaneen groei terwyl die absorbeerbare raamwerk stadigaan geabsorbeer word
  • ‘n Span dokters van die Universiteit van Stellenbosch wat die nuwe skedel vir een kind inplant en die ander se misvormde gesiggie vorentoe skuif.

In vandag se Gesondheid op RSG gesels Marí Hudson met die Suid-Afrikaanse chirurg betrokke by die internasionale inisiatief, oor hierdie interessante operasies. Prof. Frank Graewe, hoof van rekonstruktiewe en plastiese chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch vertel hoe dit gebeur het en wat hulle gedoen het om die kinders te help. (Prof. Graewe was lid van die span wat die eerste suksesvolle penisoorplanting in die wêreld gedoen het. Hy was verantwoordelik vir die mikrochirurgiese hegting van die slagaartjies so dun soos 1 mm in deursnee.)

Luister na die program.

346338d5be1f453d8e66d20e6a7ba0c0

So het klein Grace gelyk (van links) vóór haar operasie in Mexiko; ná haar operasie in Mexiko; vóór haar operasie in Suid-Afrika.

Grace ná haar eerste operasie in Suid-Afrika. In dié operasie is 'n skedel vir haar gebou. Dit sal opgevolg word met verdere operasies.

Grace ná haar eerste operasie in Suid-Afrika. In dié operasie is ‘n skedel vir haar gebou. Dit sal opgevolg word met verdere operasies.

Prof Frank Graewe (links) en die Amerikaanse plastiese chirurg aan die werk.

Prof Frank Graewe (links) en Dr Ken Salyer, Amerikaanse rekonstruktiewe chirurg van die World Craniofacial Foundation aan die werk.

Die span chirurge net ná die operasie op Grace (van links na regs): Dr. Mosadi (US), Mahoko, dr. Alexander Zuhlke (US), dr. Derek Bruce (US), dr. Christiaan Gildenhuis (US), dr. Salyer (VSA), prof. Frank Graewe (US) en prof. Bennie Hartzenberg (US).

Die span chirurge net ná die operasie op Grace (van links na regs): Dr. Mosadi Mahoko, dr. Alexander Zuhlke, dr. Derek Bruce (VSA), dr. Christiaan Gildenhuis, dr. Salyer (VSA), prof. Frank Graewe en prof. Bennie Hartzenberg.

9f33e042aa834a61b3c1b2db48b8bd12

Die skedelraamwerk. Die stukkies droë been word soos ‘n legkaart op die raamwerk gepak, en met die spesiale beengroeifaktor bedrup om beengroei te stimuleer. Die stukkies been groei geleidelik aaneen om ‘n skedel te vorm terwyl die raamwerk geabsorbeer word.

Die dokters besig om die absorbeerbare skedelraamwerk met die beenstukkies in te plant.

Die dokters besig om die absorbeerbare skedelraamwerk met die beenstukkies in te plant.

Akikere, 6-jaar oud en van Nigerië, wat aan Crouzon-sindroom ly. Kinders met dié sindroom se skedels ontwikkel foutief sodat die midgesig lyk of dit 'inval' en haar oë uitpeul. Maar haar oë is eintlik in die regte posisie, maar haar skedel het nie voldoende in die midgesig gegroei nie, maar spits na bo. Klein Akikere se lewe was bedreig omdat die drukking haar asemhaling begin aantas het. Sonder die operasie sou sy sterf. Haar midgesig is vorentoe geskuif en 'n pen is van wang tot wang deur haar midgesig gestoot. Die pen word elke dag 1 mm vorentoe geskuif sodat haar midgesig stadig vorentoe skuif terwyl nuwe been gevorm word. Dit word gedoen totdat haar gesig normaal lyk.

Akikere, 6-jaar oud en van Nigerië, wat aan Crouzon-sindroom ly. Kinders met dié sindroom se skedels ontwikkel foutief – die skedelbeenplate sluit te vroeg. Dit lyk dan asof  haar oë uitpeul. Maar haar oë is eintlik in die regte posisie. Haar skedel het nie voldoende in die midgesig gegroei nie, maar spits na bo. Klein Akikere se lewe was bedreig omdat die drukking haar asemhaling begin aantas het. Sonder die operasie sou sy sterf. Haar midgesig is vorentoe geskuif en ‘n pen is van wang tot wang deur haar midgesig gestoot. Die pen word elke dag 1 mm vorentoe geskuif sodat haar midgesig stadig vorentoe skuif terwyl nuwe been gevorm word. Dit word gedoen totdat haar gesig normaal lyk.

Vir meer inligting: