Gesondheid: Bosluisbyte, diabetes, middellyfvet en meer


2016 was ‘n interessante jaar – ook op gesondheidsgebied. Nuwe dinge, interessante feite en lewensveranderde inligting het in die loop van 2016 in Gesondheid op RSG onder die loep gekom. In die eerste van ‘n kort reeks, kyk Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG terug en fokus op enkele punte.

Bosluisbytkoors
Dis somer en tyd vir bosluise. Suid-Afrika het twee soorte bosluisbytkoorse. Lees en luister meer.

Siektes wat jou stadig bekruip en glad nie of baie laat simptome toon

Meer oor Diabetes

  • ‘n Nuwe generasie insulieninspuiting is ontwikkel wat kortwerkende en langwerkende insulien kombineer. Dit is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar. Dit beteken dat diabete (beide tipe 1 en tipe 2 diabete wat insulien gebruik) nou hulself net twee keer per dag hoef in te spuit pleks van vier keer sonder dat hulle risiko vir ‘n lae-glukose koma verhoog. Dit beteken ook dat diabete hul net voor of ete kan inspuit en nie meer ‘n sekere tyd vóór ete nie.
    Dr Adri Kok, internis van Alberton, met letterlik honderde diabetiese pasiënte onder haar toesig, het meer verduidelik.
    Luister hier na die volledige onderhoud.
  • Sowat 98 persent van voet- en been-amputasies in die geval van diabete, kan voorkom word as diabete hul voet- of beenulkusse baie goed versorg of laat versorg.
    ‘n Kanadese internis wat daagliks met dié probleme werk, het die jongste inligting gedeel.

Skets: Mayo kliniek

Vet om jou organe en middellyfvet

As jou maag groot is sonder dat jy verwag, is dit waarskynlik omdat daar baie vet om jou organe is wat jou maag uitstoot. Hierdie vet om die organe en om die middellyf is die heel gevaarlikste vet wat bestaan en skei toksiese stowwe af wat gevaarlik vir jou gesondheid is.
Let ook op dat ‘n hoëvet-eetplan die beta selle in jou pankreas – die selle wat insulien produseer – binne ses weke so kan beskadig dat jy tipe 2 diabetes ontwikkel en gou van insulien afhanklik is.

Luister hier na die onderhoud met Prof Tess van Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

Klik hier vir meer inligting.

Klik hier vir die onderhoud oor bariatriese chirurgie.

Erge prementruele sindroom (PMS) en die risiko vir nageboorte depressie
In ‘n onderhoud met dr Eileen Thomas, psigiater verbonde aan die US en Tygerberg Hospitaal, het sy verduidelik dat sowat 3 uit 100 vroue aan ‘n baie ernstige graad van PMS ly, en dat hierdie vroue spesiale behandeling behoort te kry.
Hier is meer inligting en die skakel na die onderhoud.