Gesondheid & Styl buite-uitsending was groot sukses


Ons Gesondheid en Styl buite-uitsending by Thaba Eco Hotel was ‘n groot sukses. Meer as 250 luisteraars het dit bygewoon en saam  RSG se Mariëtta Kruger, Sue Pyler en Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG gekuier en aan die lippe gehang van ons baie spesiale gassprekers.

0adabc1S VoslooDie drie mediese gaste was die hartchirurg van Kaapstad dr. Susan Vosloo (links), wat bekend  is vir haar hartoperasies op kinders, hartoorplantings en hartoperasies op volwassenes, die Gautengse kinder-hartchirurg dr. De Villiers Jonker (regs),  groot ervaring van Kanada teruggekeer het en nou Tvdm‘n sterk hartchirurgie-eenheid in die Noorde vestig, en een een van die land se voorste kenners van metaboliese siektes en oorgewig en prof. Tess van der Merwe (regs), endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria en ook in private praktyk.

Dan was daar ook ‘n behoorlike fokus op styl, en wel mode-styl.

suzaan-heynsOns ander spesiale gas was mode-ontwerper Suzaan Heyns (links) en sy het raad gegee oor modestyle vir alle vorms en groottes.

brandon-october-motivatonal-speaker_57584_imagestef-20160506-252-690x362Daar was natuurlik ook vermaak. Sangers Brandon October (regs) en Steffie le Roux (links onder) was die gaskunstenaars.

Die Thabo Eco restaurant het ‘n heerlike ontbyt voorgesit.

En een van die mense wat die uitsending bywoon, het een
nag se luukse akkommodasie, aandete, ontbyt, ‘n R500 spa-bewys en ‘n ekorit ter waarde van R5 500 wen.

Kyk gerus hoe lyk dit by die Thaba Eco Hotel: http://thabahotel.co.za/