Gloukoom: toets vroeg en keer blindheid


Gloukoom is ‘n siekte wat jy ongesiens kan bekruip en tot blindheid kan lei. Met gloukoom verhoog die drukking binne-in jou oogbol, en veroorsaak dit drukking op die oogsenuwee en dan skade aan die senuwee, wat tot blindheid kan lei. As dit betyds opgespoor word – dikwels sonder dat jy enige simptome het – kan dit met druppels of chirurgie behandel word en oogartse kan selfs ‘n piepklein stent in die oog plaas om die dreinering van die vog uit die oogbal te verbeter.

Aanbieder Marí Hudson gesels met oogarts dr. Ettienne van Aswegen van die Kaap Ooghospitaal oor gloukoom.

 

Die gesonde oog en die vog binne-in die oogbol

Die oog het vog in die voorste (kleiner) en in die agterste (groter) kamers van die oog.

Waar kom die vog in die oog vandaan?
Die siliêre liggaam by die iris vervaardig die oogvog.
Die vog dreineer deur die pupil na die voorste kamer, en dreineer dan uit die oog deur die filtreersisteem wat die trabekulêre netwerk genoem, en dan deur Schlemm se kanaal word.
Dieselfde hoeveelheid vog wat vervaardig word, moet weer wegdreineer, anders hoop die vog op.

Hierdie twee video’s verduidelik hoe gloukoom werk:

Daar is twee soorte gloukoom:
Akute gloukoom (ook genoem oophoek-gloukoom)
en chroniese gloukoom (toe-hoek gloukoom)

Wie het ‘n verhoogde risiko?
As een van ouers gloukoom het, het jy ‘n verhoogde kans om gloukoom te ontwikkel.
Mense met diabetes en ook mense met kleiner oë (dus mense wat versiende is) het ook groter kans op gloukoom.

Die simptome kom eers na vore as die oogsenuwee beskadig is
Die eerste tekens van senuwee-skade is stadige afname van visie aan die buiterande van jou visie, dus tonnelvisie.

Hoe word dit behandel?
Die eerste linie van behandeling, wat vir 90% van mense voldoende is, is druppels.
Daar is twee tipes druppels: een wat die produksie van oogvog verminder en een (prostaglandiene) wat die dreinering van die vog verbeter.

As dit nie voldoen is nie, moet chirurgie oorweeg word. Die doel hiervan is om ‘n nuwe skoon kanaaltjie vir dreinering te skep. Eerstens kan ‘n piepklein stent (i-stent) deur MIGS-operasies) soos groot soos ‘n ryskorrel in die trabekulêre netwerk geplaas word om die dreinering te verbeter, of die trabekuêre netwerk ‘skoongemaak’ word om die dreinering te verbeter.