Het ‘n mens regtig ‘n voedsel-aanvuller nodig?

Het ‘n mens regtig ‘n voedsel-aanvuller nodig?


Dié vraag is uiters relevant in vandag se lewe.

Deur die hele wêreld is daar ‘n tekort aan voldoende voeding, en dié stelling het nie nét te make met kinders wat in ‘n derdewêreldland honger ly weens ondervoeding nie. Nee, ons praat hier van moderne, ontwikkelde land waar voedsel beskikbaar is, maar nie alle voedingstowwe nie. Die oorsaak is nie die gebrek aan voedsel nie, maar die feit dat gesonde voedselsoorte van hul voedingswaarde verloor het.

13711668_mDié feit wek wêreldwyd kommer en is hoog op die agenda van landbou-, gesondheids- en voedselsekerheidsorganisasies wat die dramatiese agteruitgang van landbougrond oor die afgelope 50 tot 80 jaar opgemerk het.  Die grafiek van dié toenemende agteruitgang loop presies parallel met die grafiek oor stygende ongesonde lewenswyse en oorgewig en obesiteit. Die redes vir die agteruitgang in voedsaamheid van landbouprodukte hou verband met die oorgebruik van anorganiese bemesting, grond-erosie, landboupraktykje wat die voedingstowwe uit die grond verwyder en klimaatsveranderings. In baie lande, wat Amerika, Afrika-lande, Indië en China insluit, vind erodering en uitputting van grond vinniger plaas as wat herwin en teruggesit kan word. Die oorblywende grond is nie so voedingsryk as voorheen nie.

Die opbrengs is hoër, maar die voedingswaarde minder

Landbouers kan inderwaarheid vandag drie keer groter opbrengste per hektaar kry van graan, vrugte en groente as 50 jaar gelede. Ironies genoeg het ons dus meer voedsel as tevore, maar dit is minder werd in terme van voedingswaarde as tevore. Inderwaarheid bevat vandag se voedsel 10 – 25 % minder yster, sink, proteien, kalsium, vitamin C en ander voedingstowwe.

Navorsers van die Washington State University het 63 lente-koring kultivars ondersoek wat tussen 1842 en 2003 gekweek is, en ‘n 11% afname in yster-inhoud, ‘n 16% afname in koper, ‘n 25% afname in sink en ‘n 50% afname in selenium gevind. Ook minder magnesium is nou in voedselsoorte beskikbaar.

Dit blyk dat kultivars wat gekweek word om groter oeste te lewer, minder energie het om diep wortelstelsels te vorm om fitonutriënte te genereer. Die faktore wat groei van plante stimuleer – chemiese bemestingstowwe en plaagdoders – lei in baie gevalle ook daartoe dat plante minder voedingstowwe uit die grond te onttrek omdat hul wortelstelsels swakker is.

Mense eet te min groente
Dit blyk ook uit studies dat so min as 9 – 11 % van mense voldoende groente eet om al die nodige voedingstowwe in te neem. ‘n Mens moet liefs 5 porsies groente en 2 porsies vrugte per dag eet, maar baie min mense eet inderwaarheid gesond genoeg.

Toename in hartsiektes
Indien jy uit ‘n ander perspektief na dié aspekte kyk, word dit duidelik dat die afname in minerale en voedingstowwe in voedsel moontlik in verband staan met die styging in die aantal chroniese siektes. Byvoorbeeld, in die 14 jaar tussen 1980 en 1994 het hartsiektes in Amerika met 18.67% toegeneem. Minerale tekorte wat geassosieer word met hartsiektes sluit in chromium, koper, magnesium, kalium en selenium.

Asma aan toeneem
Asma, wat in studies verbind word met ‘n moontlike magnesiumtekort, het die afgelope 14 jaar wêreldwyd met 55% toegeneem.

Studies wat die afgelope 15 jaar gedoen is, toon dat vars produkte op die winkelrakke bevat in die algemeen min fitonutriënte, die voedingstowwe wat ons nodig het om ons liggame te help om ons risiko vir siektes soos kanker, hartsiektes, diabetes en dementia te verlaag.

Die oplossing
Waar laat die afname in voedingstowwe in vars produkte ons en ons kinders?

  • Kies diep kleure: Organies-gekweekte voedsel mag die oplossings wees, maar as jy nie organies-gekweekte produkte kan koop nie (omdat dit nie oral beskikbaar is nie) dan is dit belangrik om produkte met die donkerste, diepste en sterkste kleur uit te soek. ‘n Diep, ryk kleur van die skil dui op ‘n groter hoeveelheid fitonutriënte in die produk. Donker-oranke wortels bevat meer betakaroteen as bleek wortels.
  • Kies kleiner groottes. ‘n Plant kan net ‘n maksimum hoeveelheid fitonutriënte in sy groeifasie opneem. ‘n Groot tamatie sal nie meer voedingstowwe bevat as ‘n klein tamatie nie. Hoe kleiner en donkerder, hoe digter is die voedingstowwe in die plant.
  • Eet die vars produkte binne ‘n week. Groente en vrugte hul voedingswaarde binne ‘n week, en begin om dit te verloor van die oomblik dat dit gepluk of geoes word.
  • Jou gaarmaakmetodes kan ook voedingstowwe spaar. Brokkoli, spinasie, sampioene, aspersies en wortels moet liefs gestoom word, terwyl tamaties meer likopeen vrystel ge-sauté word.
  • Moenie bang wees vir gevriesde groente nie. Gevriesde groente is meestal net voedingsryk – en soms selfs gesonder – as vars groente. Gevriesde voedsel word dikwels op so manier gevries dat hulle veroudering en verlies aan voedingstowwe gestop word.
  • Los maar die groente en slaaie wat voor-af gesny is. Dit mag dalk gerieflik wees, maar hulle verloor vinniger hulle voedingswaarde en die heel groente.
  • Ons kan nie langer voorgee dat ons dieet voldoende voedingstowwe vir ons liggaam verskaf nie, al eet ons baie vars vrugte en groente. As jy ‘n goeie voedingsaanvuller soek wat natuurlik is, van organiese oorsprong is en ‘n goeie dosis vitamiene, minerale, spoor-elements en aminosure bevat, is Bio-Strath ‘n goeie keuse, want dit kan vir jou voedingstowwe bied wat dikwels nie meer in moderne kosse in genoegsame hoeveelhede voorkom nie.

Vir meer inligting, besoek www.bio-strath.co.za