Hoe lyk TB in kinders?

Hoe lyk TB in kinders?


Tuberkulose in kinders is anders as in grootmense.
Marí Hudson gesels met prof. Simon Schaaff, van die departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is een van die voorste spesialiste op die gebied van tuberkulose in kinders, insluitend MDR en XDR TB.

Luister hier na die volledige program.

Luister op 27 April om 11.30 na die tweede aflewering oor TB in kinders.

Só lyk die mukobaterium tuberkulose bakterie.

Só lyk die mukobaterium tuberkulose bakterie.

 

Die TB bakterieë gesien met ‘n elektronmikroskoop

Die TB bakterieë gesien met ‘n elektronmikroskoop

TB in grootmense veroorsaak gewoonlik groot holtes in die longe waar die bakterieë vergader en groei en vanwaar dit uitgehoes word.

Facts-About-Tuberculosis

Die X-straal toon die holtes in die linkerlong van die pasiënt (die wit kolle wat jy op die regterkant van die X-straal sien.) Die tuberkulose beskadig later ook die longpype en maak asemhaling moeilik.

Aan die regterkant vroeë volwasse tipe tuberkulose infiltrate in die long en aan die linkerkant ‘n long met groot holtes (cavities) waar die meeste TB bakterieë groei

Aan die regterkant vroeë volwasse tipe tuberkulose infiltrate in die long en aan die linkerkant ‘n long met groot holtes (cavities) waar die meeste TB bakterieë groei

TB in kinders veroorsaak ‘n fokuspunt in die long. In die onderstaande X-straal van voor geneem, kan die vergrote kliere in die regterlong gesien word. Op die tweede X-straal, wat van die kind se regter-sykant geneem is, kan die wit areas in die middel van die long gesien word. Dit is die fokus-areas weens TB.

Kliere vergroot in regter hilus area met lugwegvernouing (kind met long TB)

Kliere vergroot in regter hilus area met lugwegvernouing (kind met long TB)

Op laterale borskas X-straal – vergrote kliere in hilus area (selfde pasient as hierbo)

Op laterale borskas X-straal – vergrote kliere in hilus area (selfde pasient as hierbo)

Wees bedag op die volgende simptome

  • ‘n Hoes wat langer as 2 weke aanhou en erger word en nie verbeter nie ondanks antibiotika.
  • Fluitbors wat nie opklaar met behandeling nie.
  • Gewigsverlies wat nie verklaar kan word nie. Gewig moet toeneem in gesonde kind
  • Koors langer as week wat nie opklaar met antibiotika nie
  • Moeg en lê in huis
  • Nagsweet wat so erg is dat jy vir die kind droë nagklere moet aantrek
  • Hoofpyn in jong kind of braking sonder diarree – dit kan TB in die brein wees
  • Kliere in die nek
  • Kinders wat ophou loop weens rug- of beenpyn

Belangrike punte wat elkeen moet onthou

  • As daar baie TB in volwassenes is, is daar baie TB in kinders.
  • Jong kinders kry die TB meestal van die mense wat die meeste tyd by hulle deurbring – dus meestal hul ma of oppasser.
  • Meerderheid van SA bevolking dra reeds die TB kiem, maar is nie siek nie.
  • Sodra jou immuniteit laag word, kan jy die siekte ontwikkel.
  • Om TB aan te steek, moet jy aan ‘n voldoende konsentrasie van die kiem blootgestel word, vir ‘n langer tyd, en as die ventilasie swak is, bly die kiem langer in die lug. Dit hang dus van duur en hoeveelheid van blootstelling af. Dis die kleinste onsigbare druppels wat gevaarlik is.
  • Hoe vroeër TB gediagnoseer kan word, hoe makliker kan dit behandel word.
  • Die behandeling duur etlike maande. As jy gediagnoseer is met TB, moenie jou medikasie staak nie, want solank jy dit neem kan jy gesond word, en nie ander mense aansteek nie. Neem jouself en ook jou familie en vriende in ag te neem. Binne week of twee op behandeling is jy nie meer aansteeklik nie.
  • Die meeste mense het ‘n kombinasie van 4 of meer middels nodig as behandeling van TB.
  • TB kom ook in die brein voor, veral in jonger kinders. Teen die tyd dit in die brein aantas, kan die longkol al minder sigbaar wees.
  • As mense met TB glad nie behandel word nie, sal 50% sterf, 20% sal vanself herstel en 30% sal met longskade of breinskade oorleef en heeltyd siekerig wees.
  • Opvolgbesoeke is baie belangrik om seker te maak die behandeling is effektief.

Ander plekke in die liggaam wat deur die TB-bakterie aangetas kan word
extra