Kyk hoe verander ‘n kind se tekeninge!


Kinders in ‘n studiegroep se beskouiing van hul omgewing het meer positief geword nadat hulle ‘n spesifieke voedingsaanvuller ontvang het. Lees hoe dit gebeur en gewerk het.

Elke ouer wil die beste vir sy kind hê in alle opsigte – gesondheid, opvoeding, onderrig, geleenthede en positiewe ervarings in die lewe.

Ons besef nou dat die moderne dieet se voedingswaarde nie so optimaal is as wat ons sou wens dit is nie, en ook dat probleme soos kinder-obesiteit, -diabetes, leerprobleme en depressie aan die toeneem is. Ons is meer bewus van en besorg oor die stowwe in kos en medisyne wat ons aan hulle gee. Met al meer mense in die wêreld wat nou fokus op natuurlike en organiese kosse en natuurlike voedingsaanvullers, is daar baie ouers wat wonder of daar ‘n natuurlike voedingsaanvuller uit die natuur is wat spesifiek voordele inhou vir hul kind se groeiende en ontwikkelende brein en liggaam. Die goeie nuus is dat daar wel verskeie natuurlike voedingsaanvullers is wat geskik is vir kinders en volwassenes.

Die wetenskaplike studie
Enkele jare gelede het 123 kinders wat in die kategorie ‘opvoedkundig sub-normaal’ geklassifiseer is, in ‘n tweemaandelange dubbel-blinde sielkundige studie in Nederland onder toesig van sielkundiges deelgeneem. Die kinders was in institutionele sorg en het ‘n perfekte dieet in terme van kwaliteit en hoeveelhede ontvang. Die kinders is as deel van volledige evaluasies aan die begin van die studie gevra om prente te teken. Twee maande later, nadat die navorsers 17 sielkundige toetse herhaal het, is die kinders weer gevra om prente te teken.

Die verskille in die eerste en tweede stel tekeninge wat verstommend. ‘n Duidelike verbetering in die kinders se konsentrasie, oorspronklike denke en gevoel van geluk deur die gebruik van kleure, was sigbaar. Saai, vaal en hartseer-prente het helder, keurvolle en vrolike prente geword.

Kyk self na die voorbeelde uit die studie:

Kind 1: Tekening vóór die behandeling het swart huise en vaal, oop spasies.

Kind 1: Tekening vóór die behandeling het swart huise en vaal, oop spasies.

Kind 1 se tekening ná twee maande se byvoeging van ‘n natuurlike voedingaanvuller

Kind 1 se tekening ná twee maande se byvoeging van ‘n natuurlike voedingaanvuller is gevul met helder kleure, met heldergroen, geel en rooi, ‘n groot vrolike blom en ander blomme in die veld, en min vaal spasies.

Kind 2 se tekening vóór gebruik van die natuurlike voedingsaanvuller.

Kind 2 se tekening vóór gebruik van die natuurlike voedingsaanvuller. Hy maak wel gebruik van helder groen en rooi, maar daar is groot vaal spasie in die prent en asof die huise en mense in die prent geen verband met mekaar het nie.

Kind 2 se tekening nadat hy in die studie twee maande lank die natuurlike voedingsaanvuller ontvang het.

Kind 2 se tekening nadat hy in die studie twee maande lank die natuurlike voedingsaanvuller ontvang het. Die prent is gevul met groen en rooi, dit lyk of die prent ‘n storie vertel van kinders wat speel en daar is selfs blomme.

Wat het tot hierdie verbetering gelei?

‘n Switserse voedingsaanvuller Bio-Strath is by die kinders se daaglikse maaltydplan gevoeg. Bio-Strath is meer as net ‘n multivitamien en bevat 61 voedingstowwe soos vitamiene, aminosure, minerale, spoor-elemenente en boustowwe.

Bio-Strath word oor ‘n tydperk van twee maande geproduseer deur ‘n mengsel kruie aan die ‘goeie’ gisselle van vrugte te voer.  Die samestelling van die kruie is geselekteer deur die Duitse biochemikus Walter Strathmeyer op grond van hulle vermoë om elke orgaan en liggaamstelsel te bevoordeel. Nadat die gisselle die kruie geabsorbeer het, is die fermentasie-proses geaktiveer deur die suurstofvlakke tot zero te verlaag sodat osmose kan plaasvind. Dit is wanneer die gisselle oppbreek en die toffie-kleurige goue, bruik stroop vrystel wat bekend is as die Bio-Strath elikser.

Sedert 1961 is meer as 38 kliniese en pre-kliniese studies op dié kruie-preparaat gedoen word nie net help om liggaamselle te voed nie, maar selfs te herstel waar nodig. Baie aandag is geskenk om die voordelige werking van die natuurlike aanvuller op kinders met verswakte immuniteitstelsels, leerprobleme (insluitend ADD/ADHD), swak geheue en konsentrasie-probleme.

Sedert dié voedingsaanvuller in Suid-Afrika beskikbaar is, het, bykomend tot die kliniese studies, baie briewe en anekdotiese verslae van ma’s die kantore van SA Natural Products bereik oor kinders wie se skoolpunte verbeter het, kinders beter konsentreer en kinders wat oor die algemeen gesonder is nadat Bio-Strath by hulle daaglikse voeding gevoeg is.

Vir meer inligting, besoek bio-strath.co.za.