Hoe werk hondsdolheid in die mens?


Hondsdolheid woed nou in Gauteng onder jakkalse en selfs beeste, en versprei na honde en katte.

Hier is enkele belangrike feite oor hondsdolheid:

  • Dis ‘n siekte wat reeds 5000 jaar aan die mens bekend is.
  • Hondsdolheid word deur ‘n virus oorgedra wat deel is van die Rabdovirus-familie van virusse.
    Rabies virus
    rabies+virus
  • Alle soogdiere is vatbaar – soos bv jakkalse, muishonde, meerkatte, vlermuise, wilde boksoorte soos koedoes, beeste, honde en katte.
  • Die diere kan een van twee sindrome kry: Wilde diere kan mak optree, en mak diere kan aggressief optree. In die vroeë stadium kan die dier sonder simptome voorkom, maar steeds aansteeklik wees. ‘n Bees kan vreemd bulk en die boer kan dink daar is iets in die dier se keel en as hy sy hand in die dier se keel druk en hy het ‘n stukkende plek aan sy hand of arm, kan hy só aansteek.
  • Die virus kom in die speeksel van besmette diere voor en kan ‘n mens aansteek as die speeksel in kontak kom met die bloed of slymvlies van die oog of mond in aanraking kom.
  • Die  virus begin in die mens te verdeel en te versprei binne 48 tot 72 uur.
  • Die virus versprei deur die senuweevesels en nie deur die bloedstelsel nie. Hoe nader die bytplek aan die brein is, hoe gouer sal die simptome sigbaar word.
    rabies-virus-infects-88
  • Simptome is hoofpyn, spierpyn, hallusinasies, slukspiere gaan in spasma as selfs sterk binne 5 tot 10 dae ten spyte van behandeling.
    Hoe die virus in die liggaam versprei

    Hoe die virus in die liggaam versprei

  • Sonder behandeling is die dood onafwendbaar. Met korrekte en vroeë behandeling is die kans op oorlewing uitstekend.
  • Kan net oorleef as jy baie vinnig behandeling ontvang. Die wond moet baie goed ontsmet word, en dan moet jy onmiddellik met reeks hipo-immuunserum inspuitings op dag 0, 3, 7 en 14.
  • Jou liggaam begin eers na 7 dae teenliggame teen die virus te maak.
  • Inenting van diere en mense in ‘n omgewing waar hondsdolheid voorkom, is baie belangrik.

Luister hier na die gesprek wat Marí Hudson met dr. Pete Vincent van die Netcare Reiskliniek in Tokai, Kaapsytad gevoer het oor hondsdolheid in mense. Die gesprek is in die deel 2 van die program.