Jou brein is uiters weerloos

Jou brein is uiters weerloos


Het jy gedink gereelde houe teen die kop is skadeloos as dit te lig is om harsingskudding te veroorsaak? Dink weer. Gereelde houe of stampe teen die kop lei tot chroniese traumatiese ensefalopatie, wat letterlik beteken breinskade (ensefalo = brein, patie = skade) weens chroniese/gereelde trauma. Dokters wêreldwyd raak nou bewus van dié skade weens CTE.

Tydens ‘n hou teen die kop, beweeg die brein soos jellie in bak in die skedel, en neurone wring, rek en skeur. Selfs die rekking van die aksone van die neurone lei tot verskeie biochemiese prosesse in die neurone wat inflammatoriese prosesse insluit, en deur die prosesse slaan Tau-proteinliggaampies neer in die gerekte neurone. Tau proteine is een van die skadelike proteiene in die brein wat breinfunksie strem. Tau proteiene – en ook Lewy-proteiene – is enkele van die skadelike proteiene wat nie in die brein moet wees nie, en geassosieer word met dementia, Alzheimersiekte, Parkinsonsiekte en ander degeneratiewe breintoestande. Dokters kan dit nou egter meestal eers na-doods, sien.

Die kliniese tekens is gewoonlik van die middeljare van ‘n sportman wat baie houe teen die kop gekry het, sigbaar. Dit is egter ook al in die brein van 27-jarige Amerikaanse voetbalspeler waargeneem nadat hy selfmoord gepleeg het en ook in die brein van ‘n BMX-fietsryer wat selfmoord gepleeg het. Navorsers van die Universiteit van Boston se sentrum vir die studie van CTE het die toestand al in die brein van ‘n 17-jarige Amerikaanse voetbalspeler waargeneem. Sommige kenners reken dat OJ Simpson ook aan CTE ly.

In Gesondheid op RSG, verduidelik dr. Franclo Henning, neuroloog by die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Hospitaal, wat chroniese traumatiese ensefalopatie is.

Luister hier na die volledige program.

Dié tipe breinskade kom veral voor omdat Amerikaanse voetbalspelers wat hulle koppe as missiele gebruik – maar of hulle ‘n helmet of kopskerm dra, die brein ruk en skud steeds binne die skedel. In die onderstaande video kan gesien word hoe Amerikaanse voetbalspelers doelbewus hul koppe as missiele gebruik. Die helmet bied nie beskerming teen die ruk van die brein in die skedel nie – die neurone gaan steeds skeur.

Maar alle mense wat gereelde houe of stampe teen die kop kry – soos boksers, rugbyspelers, vroue of kinders wat onder gesinsgeweld deurloop – of mense wat gereeld naby bomontploffings is sodat hulle koppe ruk, het ‘n risiko om die soort breinskade te ontwikkel. Dink liefs ook maar twee keer oor daardie kopskote met sokker.

Die houe hoef nie so ernstig te wees dat dit harsingskudding veroorsaak nie. Die houe of stampe kan lig wees, maar dis die kumulatiewe of saamgestelde effek wat tel, want kumulatiewe effek is groter is die somtotaal van elke hou, want die brein is meer weerloos na elke hou.

Die simptome is meestal psigiatriese afwykings, balansafwykings, spraakafwykings hallusinasies en parkinsonsiekte, maar veral depressie. Dit is opvallend hoe baie sportmanne wat selfmoord pleeg, aan CTE gely het.

Die stadiums van CTE:

Hierdie webblad beskryf die stadiums van CTE baie goed: http://www.pbs.org/wgbh/frontline/article/the-four-stages-of-cte/

Stadium 2: Woede, impulsiwiteit en depressie. Simptome begin te verskyn soos wat Tau proteine in die frontale lobbe neergelê word.

Stadium 1: Geen simptome nie. Tau proteine bou op in die frontale lobbe van die brein agv rekking of skeuring van neurone.

Stadium 2: Woede, impulsiwiteit en depressie. Simptome begin te verskyn soos wat Tau proteine in die frontale lobbe neergelê word.

Stadium 2: Woede, impulsiwiteit en depressie. Simptome begin te verskyn soos wat Tau proteine in die frontale lobbe neergelê word.

Stadium 3: Verward, geheueverlies. Die Tau-liggaampies verspreik van die frontale lobbe na die temporale lobbe en tas die hippokampus en amygdala aan wat geheue en emosies beheer.

Stadium 3: Verward, geheueverlies. Die Tau-liggaampies verspreik van die frontale lobbe na die temporale lobbe en tas die hippokampus en amygdala aan wat geheue en emosies beheer.

Teen stadium 4 het die Tau liggaampies byna al die neurone in die brein vernietig. Die brein het met die helfte gekrimp en is bros.

Teen stadium 4: Gevorderde dementia. Die Tau liggaampies byna al die neurone in die brein vernietig. Die brein het met die helfte gekrimp en is bros.

Stadium 4: die verskil tussen ‘n normale brein en CTE-brein is dramaties

Stadium 5: die verskil tussen ‘n normale brein en CTE-brein is dramaties

 

Vind meer uit oor:

Harsingskudding:

concussion-illus-350x283Tydens harsingskudding skud die brein in die skedel, stamp teen die kante van die skedel sodat neurone en selfs bloedvate kan skeur. Hierdie geskeurde senuselle kan nie werklik herstel nie. Die brein is ook meer vatbaar vir verdere skade ná ‘n eerste hou. Harsingskudding word nou beskou as kort bewussynsverlies of koma. Dit is ernstig.
Hoe werk harsingskudding? En bewussynsverlies en koma? En wanneer is ‘n mens breindood? Tot watter mate kan die beseerde, geskeurde brein herstel? Mari Hudson gesels met emeritusproffesor Kay de Villiers, een van die beste neurochirurge wat Suid-Afrika opgelewer het, oor hoe weerloos die brein is. Luister hier.

Kyk hier na ‘n video met meer inligting oor harsingskudding.

Motorneuronsiekte: Wat is ALS, die siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly? Is dit al soort motorneuron-siekte, of is daar ander? Hoe begin dit en hoe versprei dit na ander senuselle? Het rugbyspelers ‘n groter kans om dit te kry? Kan stamselbehandeling help? ‘n Motorneuronsiektes-spesialis, dr Franclo Henning,  verduidelik meer oor motorneuronsiektes. Luister hier.