Hulde aan klein Amy

Hulde aan klein Amy


Klein Amy Miller, ‘n blonde Durbanse dogtertjie  wat op 8 September 2o15 vyf jaar oud geword het en op ‘n geskikte skenkerhart gewag het, is skielik op 17 November dood. Sy was die afgelope tyd baie siek, en haar hartjie wou net nie meer nie.

Dokters het gehoop om betyds vir haar ‘n skenkerhart te kry, maar dinge het anders uitgewerk.

Amy is met ‘n ernstige hartdefek gebore en dokters het met drie ingewikkelde operasies probeer om vir haar tyd te koop.

Ons bring hulde aan die dapper dogtertjie en wens haar gesin sterkte toe.

Hier is Amy se storie:

Luister hoe Dr. Susan Vosloo vertel van die verskerpte kinder-hartoorplantingsprogram en die beroep om betyds ‘n skenkerhart vir Amy te vind:

 

Amy en haar ma, Natasha Miller, nadat Amy gereageer het op behandeling en beter is.

Amy en haar ma Natasha aan die inkleur. Amy het op 8 September 5 jaar oud geword. Sy wag op ‘n hartoorplanting. Amy en haar ma, Natasha Miller, nadat Amy gereageer het op behandeling en beter is.

Só vertel Amy se ma, Natasha, hoe hulle vasgestel het Amy het ‘n hartdefek en die paadjie tot dusver:

 

Amy is met ‘n hipoplastiese linkerventrikel gebore – dit beteken dat die belangrikste pompkamer van haar hart nie voldoende ontwikkel het nie. Dit is een van die ernstigste hartdefekte waarmee ‘n baba gebore kan word. Indien die fetale verbinding tussen die aorta en longslagaar nie toevallig na geboorte oopbly nie – bekend as Patente Ductus Arteriosus – sterf die baba binne dae of weke.

Só lyk ‘n normale hart. Suurstofarm bloed kom van die liggaam by die regter-atrium in, vloei na die regterventrikel, vandaar deur die longslagaar na die longe, waar suurstof bygevoeg word. Die suurstofryke bloed vloei dan weer terug na die hart waar dit by die linker-atrium inkom, na die linkerventrikel beweeg, en dan met sterk sametrekkings van die linkerventrikel via die aorta deur die hele liggaam gepomp word.

Só lyk ‘n normale hart. Suurstofarm bloed kom van die liggaam by die regter-atrium in, vloei na die regterventrikel, vandaar deur die longslagaar na die longe, waar suurstof bygevoeg word. Die suurstofryke bloed vloei dan weer terug na die hart waar dit by die linker-atrium inkom, na die linkerventrikel beweeg, en dan met sterk sametrekkings van die linkerventrikel via die aorta deur die hele liggaam gepomp word.

Amy is met hipoplastiese linkerventrikel gebore. Dit beteken haar linkerventrikel (1) was baie klein al was die spierwand (3) baie dik. Die stygende deel van die aorta (4) was baie onderontwikkeld. Omdat die linkerventrikel nie ontwikkel nie, ontwikkel die mitrale klep (2) tussen die linkeratrium en linkerventrikel ook nie. In baie gevalle bly die fetale opening (5) tussen die aorta en longslagaar oop, en is die aorta ook by dié plek vernou (dit is bekend as koarktasie van die aorta.)

Amy is met hipoplastiese linkerventrikel gebore. Dit beteken haar linkerventrikel (1) was baie klein al was die spierwand (3) baie dik. Die stygende deel van die aorta (4) was baie onderontwikkeld. Omdat die linkerventrikel nie ontwikkel nie, ontwikkel die mitrale klep (2) tussen die linkeratrium en linkerventrikel ook nie. In baie gevalle bly die fetale opening (5) tussen die aorta en longslagaar oop, en is die aorta ook by dié plek vernou (dit is bekend as koarktasie van die aorta.)

 

Hoewel haar ouers, Michael en Natasha Miller, van Durban is, het hulle destyds spesiaal na Kaapstad gereis sodat sy in die Christiaan Barnard Hospitaal gebore kon word waar die baba naby hartspesialiste en hartchirurge kan wees wat haar dalk kan help. Michael en Natasha het só besluit nadat spesiale voorgeboorte-sonars destyds op 20 weke swangerskap getoon het dat die ongebore baba waarskynlik ‘n ernstige hartdefek het.

Toe Amy ses dae oud was, het dr. Susan Vosloo en dr. André Brookes ‘n ingewikkelde hartoperasie bekend as ‘n Norwood-prosedure op baba Amy gedoen. Haar kans op oorlewing sonder die operasie was nul, en met die operasie steeds baie klein, maar dit was haar enigste kans. Die Norwood-prosedure is die eerste operasie van drie in ‘n poging om ‘n hart waarvan die linkerventrikel nie werk nie, om te bou tot ‘n funksionele hart.

Die hoofdoel van die Norwood prosedure is om 'n hart te skep met ‘n enkele funksionele ventrikel wat bloed aan beide die longe en liggaam kan voorsien. Met die Norwoord-prosedure word drie stappe gedoen om die regterventrikel in te span as die pompkamer wat die bloed na die longe en die liggaam moet voer. Om dit reg te kry word die (1) vernoude aorta verwyd deur dit aan die longslagaar wat uit die regterventrikel spruit, te koppel, Daar word (2) 'n gaatjie tussen die twee atria (vulkamers) gemaak sodat die bloed van die suurstof-arme bloed van die liggaam en suurstofryke bloed van die longe meng en dié gemengde bloed dan deur die regterventrikel na beide die longe en liggaam gepomp word. (3) Omdat die longslagaar nou as die aorta gebruik word, moet 'n nuwe verbinding (shunt) uit die aorta na die longslagare gemaak word. Hoewel die liggaam nooit 100% suurstofryke bloed ontvang nie, is dit darem ongeveer 50% suurstofryk om die liggaam aan die gang te hou. Indien die fetale verbinding tussen die aorta en longslagare oop was, word dit gesluit.

Die hoofdoel van die Norwood prosedure is om ‘n hart te skep met ‘n enkele funksionele ventrikel wat bloed aan beide die longe en liggaam kan voorsien. Met die Norwoord-prosedure word drie stappe gedoen om die regterventrikel in te span as die pompkamer wat die bloed na die longe en die liggaam moet voer. Om dit reg te kry word die (1) vernoude aorta verwyd deur dit aan die longslagaar wat uit die regterventrikel spruit, te koppel, Daar word (2) ‘n gaatjie tussen die twee atria (vulkamers) gemaak sodat die bloed van die suurstof-arme bloed van die liggaam en suurstofryke bloed van die longe meng en dié gemengde bloed dan deur die regterventrikel na beide die longe en liggaam gepomp word. (3) Omdat die longslagaar nou as die aorta gebruik word, moet ‘n nuwe verbinding (shunt) uit die aorta na die longslagare gemaak word. Hoewel die liggaam nooit 100% suurstofryke bloed ontvang nie, is dit darem ongeveer 50% suurstofryk om die liggaam aan die gang te hou. Indien die fetale verbinding tussen die aorta en longslagare oop was, word dit gesluit.

Op vier maande ouderdom is ‘n tweede operasie, bekend as die Glenn-prosedure, gedoen en toe sy twee jaar oud was, is ‘n derde groot hartoperasie gedoen. Die Glenn-prosedure is die tweede operasie van drie om ‘n funksionele hart te skep.

glenn-shunt

Die doel van die Glenn-prosedure (ook bekend as ‘n Bidirectional Glenn, oftewel BDG) is om die groot werklading op die regterventrikel te probeer verminder en om meer suurstofryke bloed na die liggaam te kry. In Die Glenn-prosedure word die volgende gedoen om dít te bereik: (1) die Vena Cava Superior – die groot aar wat alle suurstofarm bloed van die boonste deel van die liggaam na die regter-artrium terugvoer, word afgesny waar dit die hart ingaan en regstreeks aan die longslagaar verbind sodat die bloed regstreeks na die longe gaan pleks van eers deur die regteratrium en die regterventrikel, wat reeds swaar trek. (2) Die ‘shunt’ wat in die eerste operasie tussen die aorta en longslagaar ingeplaas is, word nou oorbodig en word verwyder.

Amy op 4 maande na haar eerste en baie groot hartoperasie.

Amy op 4 maande na haar tweede groot hartoperasie.

 

In die derde hartoperasie word die suurstof-arm en suurstofryke bloed in twee aparte sirkulasies geskei sodat die liggaam werklik suurstofryke bloed ontvang.

In die derde operasie word die Vena Cava Inferior - die groot aar wat suurstofarm bloed van die onderste deel van die liggaam na die regter-atrium vervoer, afgesny van die regter-atrium en met ‘n kunsbuis ook regstreeks aan die longslagaar verbind. Nou vloei alle suurstofarm bloed regstreeks na die longe, en beland net suurstofryke bloed in die regteratrium en dus die regterventrikel.

In die derde operasie word die Vena Cava Inferior – die groot aar wat suurstofarm bloed van die onderste deel van die liggaam na die regter-atrium vervoer, afgesny van die regter-atrium en met ‘n kunsbuis ook regstreeks aan die longslagaar verbind. Nou vloei alle suurstofarm bloed regstreeks na die longe, en beland net suurstofryke bloed in die regteratrium en dus die regterventrikel.

Deur die drie groot hartoperasies het dokters Vosloo en Brookes nog ‘n paar jaar vir Amy gewen, maar verlede week het dr. Vosloo die dogtertjie amptelik op die hartoorplantingslys vir kinders geplaas nadat Amy se toestand die afgelope drie maande verswak het. Dr. Vosloo en Dr Harold Pribut, pediatriese kardioloog, het Amy gestabiliseer sodat sy ontslaan kan word en sy en haar ouers by hul huis in Durban op die oorplantingsoperasie kan wag.

Noodroep
Dr. Vosloo het reeds ‘n noodroep na alle orgaan-oorplantingskoördineerders in die land gestuur en doen ook ‘n beroep op alle dokters by trauma-eenhede gedoen om in die geval van ‘n kindersterfte weens ‘n ongeluk bedag te wees dat Amy se lewe daarvan afhang of ‘n geskikte skenkerhart betyds gevind kan word. Amy het ‘n skaars bloedgroep, B+, het dr. Vosloo gesê.

Amy se ouers is angstig, maar positief. Hy wil nog graag eendag sy pa-toespraak maak op Amy se troue, het Michael gesê. Natasha wil net die beste vir haar oudste dogtertjie hê. Die egpaar se tweede dogtertjie, Layla, is drie jaar oud. Sy bly by haar ouma in Durban wanneer haar ouers en Amy in die Kaap is.
Luister na die onderhoud met Michael en sy pleidooi:

Amy en haar ouers sal vermoedelik later in die week terugkeer Durban toe, en dáár op die belangrike oproep wag. Hulle sal dan onmiddellik vir Amy na Kaapstad bring vir die oorplanting.

Amy die afgelope naweek in die kinder-harteenheid van die Christiaan Barnard Hospitaal

Amy die afgelope naweek in die kinder-harteenheid van die Christiaan Barnard Hospitaal

Amy in die harteenheid aan die slaap

Amy in die harteenheid aan die slaap. Die dogtertjie het al baie pyn in haar lewe beleef.

Amy (regs), Layla (3, links), ma Natasha en pa Michael.

Amy (regs), Layla (3, links), ma Natasha en pa Michael.

In sekere opsigte is die Millers 'n doodgewone gesin, en in ander opsigte baie anders. Hulle wil graag die beste vir hul siek dogtertjie gee.

In sekere opsigte is die Millers ‘n doodgewone gesin, en in ander opsigte baie anders. Hulle wil graag die beste vir hul siek dogtertjie gee.

Amy (regs) by haar gesin: Layla (3) regs, ma Natasha (agter) en pa Michael (voor).

Amy (regs) by haar gesin: Layla (3) links, ma Natasha (agter) en pa Michael (voor).

Só waak Amy se ouers dag vir dag in die waaksaal van die kinderhart-eenheid

Só waak Amy se ouers dag vir dag in die waaksaal van die kinderhart-eenheid