Knievervangings: soms is ‘n halwe een beter as ‘n hele


Het jy geweet dat sowat 45% van alle mense ouer as 60 jaar osteo-artrtis ontwikkel, en dat van hierdie mense erge slytasie van kraakbeen in die knie kry. As mens oorgewig is, ontwikkel tot 66% van mense artritis, en meestal knie-artritis.

As die kraakbeen in die knie só verweer het dat been om been skuur met elke tree, kan dit baie pynlik raak en is ‘n knievervanging al uitweg. Maar in sommige gevalle, waar net die binnekant of die buitekant van die kniegewrig verweer het, kan ‘n halwe knievervanging gedoen word.

Met ‘n halwe knievervanging bly die knieligamente behoue en is daar meer funksie.

In Gesondheid op RSG het Marí Hudson gesels met dr. Rudolph Oosthuizen, ortopediese chirurg by die Wilgeheuwel Hospitaal in Johannesburg. Hy is een van die eerste ortopede wat halwe knievervangings begin doen het, en doen dit reeds 16 jaar lank. Die prosedure wen nou baie veld omdat dit minder ingrypend is as ‘n algehele knievervanging. In Brittanje is sowat 8% van knievervangings nou reeds halwe knievervangings, terwyl dit in Suid-Afrika minder as 2% is, wat beteken dat heelwat pasiënte watb volle knievervangings kry, eintlik kandidate vir die meer beenbesparende prosedure is.

Dr. Oosthuizen het ook ‘n formule uitgewerk vir dokters om te bepaal of ‘n halwe of volle knievervanging die beste sal wees vir ‘n spesifieke pasiënt.

Luister hier na die program.

Hoe lyk die normale anatomie?

Die anatomie van die knie met sy ligamente

Die anatomie van die knie met sy ligamente

Seif_knee anatomy01

Die regterknie reg van voor gesien

Hoe mense se kniegewrigte slyt

Mense met bakbene se kniegewrigte skaaf eerste aan die binnekant deur en mense met aankapknieë se kniegewrigte slyt eerste aan buitekant deur.

Mense met bakbene (links) se kniegewrigte skaaf eerste aan die binnekant deur en mense met aankapknieë se kniegewrigte slyt eerste aan buitekant deur.

Volle vs halwe knievervangings

Volledige knievervanging (links) en n halwe knievervanging (regs).

Volledige knievervanging (links) en n halwe knievervanging (regs).

Meer oor halwe knie-vervangings

Met ‘n halwe knievervanging bly die knieligamente behoue en gly ‘n metaalstukkie oor ‘n harde plastiekskyfie.

Knee-Replacement-3

Halwe knievervanging

A00585F05

X-straal van halwe knie-vervanging voor en ná.

IMG_2125

So lyk die prosteses van twee halwe knievervangings as dit in die knie ingeplant is. Die toutjies stel die ligamente voor, wat inderdaad behoue bly.

IMG_2122

So lyk die prostese wat ingeplant word indien n halwe knievervanging gedoen word.

Knee_Rep_Oxford_1

Die voorstelling wys weer hoe die knieligamente (voorgestel as toutjies) behoue bly met ‘n halwe knievervanging

Meer oor ‘n volle knievervanging
Met ‘n volle knievervanging word die boonste en onderste dele van die kniegewrig – dus die onderste deel van die bobeen en die boonste dele van die onderbeen weggekap en met metaalprostetes vervang en die metaal prostese vorm dan die gewrig. Mens verloor sowat een-derde van die knie se funksie met ‘n totale vervanging, maar herwin dus twee-derdes omdat die meeste pasiënte weens die erge pyn byna nie meer kon beweeg nie.

knee-xray

Volle knievervanging voor en ná soos op X-strale gesien.

Volle knievervangin van voor gesien (links) en van die kant gesien met X-strale.

Volle knievervanging van voor gesien (links) en van die kant gesien met X-strale.

KneeSurgeryNormProst

So lyk ‘n volledige knievervanging van agter.

Lees hier meer hoe die operasie gedoen word: http://www.health24.com/Medical/Arthritis/About-Joint-Pain-Arthritis/Half-the-pain-all-the-gain-20120721