Luister weer: Gesond (Hart, skouers, borskanker en oorgewig)


Het jy dalk hierdie interessante programme op Gesondheid op RSG misgeloop? Luister gerus weer deur net die die skakels te klik.
1. Die simptome van hartprobleme by vroue is anders as by mans. Luister hoe mooi verduidelik kardioloog dr. Suzette Fourie die verskille en die gevaartekens.
2. Die program oor Skouerprobleme by ouer mense, kortisoon-inspuiting en skouervervangings, met drr. Joe de Beer en Christelle van der Watt van die Kaapse Skouerinsituut, het tot baie luisteraarsnavrae gelei.
3. Prof. Tess van der Merwe verduidelik wat in die brein en met hormone skeefloop in oorgewig mense. Hier is die programme van 8 Oktober en van 15 Oktober.
4. Die onlangse reeks oor Borskanker het baie reaksie uitgelok. Luister na deel 1, deel 2 en deel 3 oor die A-Z van Borskanker.