Alles wat jy wil weet oor epilepsie


Baie vorms van epilepsie word gekenmerk deur ‘n sigbare aanval wat met stuiptrekkings gepaard gaan, maar daar is baie subtiele vorms van epilepsie, wat mens skaars opmerk.

Een uit tien mense kry een of ander tyd ‘n epileptiese aanval.

Wat gaan verkeerd in die brein wat lei tot epilepsie? Waarom gebeur dit? Kry mense verskillende soorte epilepsie? Wat moet mens doen as iemand ‘n aanval kry? Kan ‘n aanval lewensgevaarlik wees? Kan dit effektief behandel word?

Luister hier na Gesondheid op RSG. Aanbieder Marí Hudson gesels met Dr James Butler, neuroloog by Mediclinic Constantiaberg. Hy het ‘n spesiale belangstelling in die diagnosering en behandeling van epilepsie.

Hier is bietjie agtergrond-inligting:

Epilepsie word veroorsaak deur ‘n elektriese ‘fout’ in die brein.

Daar is verskeie oorsake, wat wissel van ‘n breinbesering, tot lintwurmeiers op die brein, tot die komplikasies van siektes.

Die behandeling is gewoonlik met medikasie, en in sommige gevalle met chirurgie. In hierdie gevalle word die presiese oorsprong van epilepsie in die brein deur ‘Brain mapping’ bepaal, en dan word daardie fokuspunt vernietig.

Dr James Butler (foto links) skryf in ‘n onlangse artikel in ‘n mediese joernaal:
Epilepsy surgery plays an important role in the management of patients with medically refractory temporal lobe epilepsy and lesional epilepsies. When performed early in the course of the illness, surgery can render many patients seizure-free and greatly improve their quality of life. In southern Africa, as in many developing nations, thousands of patients could benefit from epilepsy surgery, but inequalities in healthcare provision mean that ready access to surgical facilities is largely restricted to those with private healthcare insurance. Over the past 5 years, more than 250 patients have had epilepsy surgery in Cape Town; the cause of epilepsy in six of these individuals was neurocysticercosis resulting from central nervous system infection by the larval stage of the pork tapeworm (Taenia solium), which is a common cause of epilepsy in the tropics. In all cases, surgery was successful, with patients becoming seizure-free and reporting a much improved quality of life.

Die breinbane vir sekere prosesse word só gesien met ‘n funksonele skandering.

Die twee skanderings wys die verskil tussen ‘n brein met normale funksie (links) en ‘n brein wat tot epilepsie lei.

‘n Voorstelling van die elektrodes wat breinfunksie meet tydens “brain mapping”.

Die skets gee mens ‘n idee hoe die elektrodes sekere aktiwiteite kan monitor, en dat elke deel van die brein verantwoordelik is vir spesifieke funksies.

 

Spesifieke areas in die linkerbrein beheer en reguleer spesifieke funksies van die liggaam. Hierdie voorstelling toon watter funksies deur die linker serebrale korteks beheer word.

Spesifieke dele van die brein beheer en reguleer en gee opdrag vir sekere funksies. Hier is ‘n voorstelling van die funksies wat deur die regterdeel van die korteks van die groot brein beheer word.

Lees meer oor epilepsie:

http://epilepsy.org.za/new/

http://www.neurosurgery.co.za/epilepsy.html

https://www.epilepsysociety.org.uk/epilepsy#.WKVYqhB-I1g

http://www.epilepsy.com/learn/epilepsy-101/what-epilepsy

http://www.epilepsy.com/learn/treating-seizures-and-epilepsy/surgery/types-surgeries

http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/epilepsy/home/ovc-20117206

http://www.webmd.com/epilepsy/default.htm