Ly jy aan erge PMS?


Meeste vroue ly aan ‘n paar simptome van Premenstruele Sindroom (PMS), maar gelukkig is die simptome net baie matig. Maar sowat 3 uit 100 vroue ly aan ‘n ernstige graad van PMS wat hulle wêreld vir die dae voor en tydens menstruasie op sy kop keer – of dit weens fisieke simptome soos kwaai maagpyne is of erge borsteerheid of psigiese simptome soos gemoedskommelings – sodat dit hul lewenskwaliteit inperk.

Die ersntige vorm van PMS het nou amptelik ‘n naam – Premenstruele Disforiese Stoornis – en dit word inderdaad in die DSM V – die psigiatriese diagnostiese handboek – beskryf. En belangrikste van alles, daar is effektiewe behandeling.

Luister hier na Gesondheid op RSG, waar dr. Eileen Thomas, psigiater verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, meer vertel oor die stoornis en die behandeling.

As deel van die diagnose, word pasiënte gevra om vir twee maande lank hulself te monitor en daagliks ‘n lysie in te vul sodat die dokter kan kyk of daar ‘n spesifeke patroon van sikliese simptome is wat net voor en tydens mentruasie voorkom. As jy vermoed dat jy dalk hulp nodig het, kan jy sommer nou begin om die vraelys in te vul:

Klik hier vir die PDF van die Daily Record of Severity of Problems.