Maak seer gewrigte jou lewe ‘n pyn?


Het jy geweet daar is ‘n verband tussen gewrigspyn en te min swawel in jou dieet? Daar is goeie nuus.

28028298_mAs jy al ooit jou enkel verstuit het, het jy al eerstehands ervaar hoe selfs korttermyn-pyn en -swelling in ‘n gewrig jou beweeglikheid en kwaliteit van lewe kan beïnvloed. Soos ons ouer word, ervaar ons al meer seer gewrigte en vir baie van ons is geswelde en seer gewrigte ‘n chroniese toestand. Na raming ly meer as 2 miljoen mense in Suid-Afrika aan chroniese pyn.

Meer as een toestand kan tot pynlike gewrigte lei: van verstuitings en beserings tot osteoartritis, rheumatoïede artritis, bursitis en gout. Pyn in die laer rug is die algemeenste, gevolg deur knie-, skouer en heuppyn.

Terwyl ‘n groot aantal van ons gewrigspyne toegeskryf kan word aan ou sportbeserings of die soort werk wat ons doen – vra enige verpleegkundige wat al langer as 20 jaar verpleeg, hoe haar rug voel na ‘n verpleegskof en die antwoord sal tien teen een met ‘n sug begin – kan dit wees dat sommige van ons pyne dalk verband hou met die woorde “jy is wat jy eet’ of eerder, wat jy nie eet nie? Dit word nou algemeen geglo dat ‘n gebrek aan swawel in die dieet dalk verband hou met ons verlies aan beweeglikheid, inflammasie en gewrigspyn.

Gewrigte vorm die verbindings tussen ons bene, verskaf ondersteuning en maak beweging moontlik. Die mineraal swawel is ‘n sleutelkomponent in die vorming van gesonde liggaamsweefsel, bene, ligamente en tendons. Naas kalsium en fosfate, is swawel die mineraal wat die meeste in ons liggaam voorkom. Swawel help ook in die vermindering van inflammasie en pyn terwyl dit normale gewrigsbewegings en –gesondheid bevorder.

Wat beteken dit vir ons gewrigte?
Swawelbande verseker dat proteïene hul vorm behou. Bindweefsel en kraakbeen bevat proteïene met buigbare swawelbande wat dan juis aan dié weefsel hul beweeglikheid verleen. Soos jy verouder en sonder voldoende swawel-inname, verloor bindweefsel en kraakbeen hul elastiteit, en die gevolg is dat jou vel sak en plooie vorm en jou spiere en gewrigte styf en pynlik word.

Kan ons voldoende swawel deur ons dieet inneem?
Om konstante voldoende vlakke van swawel in ons liggaam te verseker, benodig ons voldoende vlakke van swawel in ons dieet.

Kosse soos eiers, melk van koeie wat wei en gras vreet, vleis van beeste wat wei en gras vreet of van skrophoenders, saam met koolgroentes soos brokkoli, blomkool, kool, boerekool, Brusselse spruite, rape en knolgroente soos knoffel, uie, preie and grasuie is ryk in swawel.

Maar daar is ‘n slaggat. Deur ons bergings- en kooktegnieke vernietig ons byna alle swawel in die kosse nog voordat ons dit eet.

Swawel gaan vinnig verlore tydens verhitting, dus is swawel in gepasteuriseerde melk vernietig. As jy van jou groente goed gaargemaak hou, kan jy hulle ook van jou lys verwyder as bron van swawel. En as jou vrugte langer as a paar dae in die yskas is voordat jy dit eet, het die meeste swawel ook reeds verlore gegaan. Dit geld vir die meeste van ons, wat beteken dat ons nie voldoende swawel deur ons dieet inkry nie.

Die goeie nuus
Dit is moontlik, en selfs noodsaaklik, om swawel in die vorm wat ons dit nodig het om pyn te verminder en terselfdertyd gewrigsfunksie te behou deur voedselaanvulling. Dit is klinies bewys dat mense wat aan chroniese pyn ly, daarby kan baat deur hul swawel-inname te verhoog.

Kyk uit vir ‘n voedselaanvuller soos ThreshHold wat MSM, ‘n organies-gebonde vorm van swawel. Meer as 40 jaar se kliniese ondervinding op duisende mense deur die vooraanstaande dokter en navorser professor Stanley Jacob van Amerika het getoon dat die MSM (metielsulfonielmetaan) in ThreshHold is hoogs effektief in die verligting van inflammasie en pyn van ge-inflammeerde gewrigte en dit help ook om gewrigsfunksie te behou, veral onder sportmanne en –vroue en mense met artritis, fibromialgie, rheumatoïede artrtis en gout. Hier in Suid-Afrika, het ThreshHold al verligting gebring vir duisende mense wat chroniese gewrigspyn ly.

L.W. Die swawel in ThreshHold is nie dieselfde as sulfiete en sulfonamiede wat ‘n rol speel in allergieë nie.

Let ook op dat die alkaliese middel in Dr A. Vogel se Multiforce ook ‘n rol speel in die verligting van artritis gewrigspyne in baie mense.

Vir meer inligting, besoek www.sanp.co.za