Maermaak-operasies


Noudat Suid-Afrikaners deur die Hart-en-beroerte-stigting aangewys is as die vetste mense suid van die Sahara is dit seker ‘n goeie tyd om weer te kyk na iets soos bariatriese chirurgie wat gebruik word om uiters oorgewig mense se metabolism te herstel?

Bariatriese chirurgie het in die ou dae bekend gestaan as maermaak-operasies. Maar deesdae word hierdie operasies ingespan om mense wat erg oorgewig is, se metabolisme te herstel. Dit lei tot ‘n onmiddellike verandering in die hormone wat deur die maagdermkanaal vrygestel word en keer selfs tipe 2 diabetes binne 24 tot 48 uur om.

Twee soorte operasies om die maag te verklein en die dunderm te verkort, word gedoen. 

Luister gerus na die program waar Mari Hudson met Prof Tess van der Merwe en dr Andre van der Merwe gesels oor bariatriese chirurgie. Klik hier vir sketse van hoe die twee algemene bariatriese operasies gedoen word.