Hoe word jy dronk?


Forensiese en histopatoloog dr. Izak Loftus van Pathcare op Somerset-Wes en lid van die Nasionale Patologie Groep, kyk soos ‘n ware mediese speurder na die uitwerking van alkohol op die liggaam en wat in die liggaam met alkohol gebeur. Die eerste slukkie wyn, bier, brandewyn of enige ander alkoholiese drankie wat jy drink, het reeds ‘n uitwerking op jou brein. Dit begin met ‘n kleinerige effek in die voorste deel van jou brein. Hoe meer sopies jy drink, hoe groter en dieper spoel die brander van effek oor jou brein.

Luister hier na dié program op Gesondheid op RSG:

Alkohol en jou brein

  • Het jy geweet ‘n gewoontedrinker se brein krimp, en dat die gevaar vir breinbloeding as hulle val, algaande groter word?
  • Het jy geweet dat ‘binge drinking’ ‘n spesifieke uitwerking breinbloedings en pankreatitis kan veroorsaak?
  • Waarom lyk dit of gewoontedrinkers hulle drank beter kan hanteer?
  • Sterf iemand wat in ‘n wyntenk val, weens alkoholvergiftiging of is daar ‘n ander, interessante oorsaak van dood?

Alkohol en jou liggaam