Meganiese hart so klein soos gholfbal


Die jongste ontwikkeling in meganiese harte het ‘n kunshart opgelewer wat so groot is soos ‘n gholfbal. Die kunshart staan bekend as ‘n linker ventrikulêre ondersteunings pomp, oftwel LVAD en kan ingeplant word in iemand pleks van ‘n hartoorplanting.

Marí Hudson gesels Woensdag in Gesondheid op RSG met Dr Willie Koen, hartchirurg met ‘n groot belangstelling in kunsharte. Hy het die eerste Berlyn-kunshart in Suid-Afrika ingeplant. Hy gesels oor die nuutste tegnologie – die LVAD.
Ons gesels oor hoe die pompe verander het, hoe die nuutste een werk, en watter pasiënte hiermee gehelp kan word.

Luister Woensdag 11:30 tot 12:00 na Gesondheid op RSG.

 

Só het die meganiese hart oor die jare verander en al kleiner en meer verfynd geword

Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Artificial_heart

1937: Die eerste kunshart is reeds in 1937 in ‘n hond in Rusland ingeplant.

Een van eerste meganiese harte, die Dodrill GMR. Die pasiënt kon slegs in die hospitaal bly.

1952: In 1952 is die eerste Dodrill GMR masjien gebruik om ‘n pasiënt se hartfunksie tydens ‘n operasie oor te neem. Dit is meer die voorganger van die hedendaagse hartlongmasjien, wat vandag in opehartopehartoperasies gebruik word.

1953: Die eerste hartlongmasjien is inderwaarheid in 1953 die eerste keer gebruik.

1957: In Desember 1957 het Willem Johan Kolff ‘n kunshart in ‘n hond ingeplant in die Cleveland Kliniek.

1963: Die eerste LVAD is deur dokters E. Stanley Crawford and Domingo Liotta in Texas ingeplant.

1966: In April 1966 het Michael DeBakey en Liotta die eerste LVAD ingeplant waar die pomp binne-in die pasiënt se borskas is.

1969: Op 4 April 1969 het Domingo Liotta en Denton A. Cooley in Texas die eerste meganiese hart in ‘n pasiënt se borskas ingeplant as brug tot ‘n hartoorplanting.

1982: Die eerste permanente meganiese hart is op 2 Desember 1982 in Utah deur dr William Devries in Dr Barney Clark ingeplant. Die kunshart was die Jarvik 7, vernoem na die uitvinder van die eerste kunshart, dr Robert Jarvik. Dr Clark het 112 dae met die kunshart geleef. ‘n Pasiënt wat in 1985 in Pittsburg die Jarvik 7 ontvang het, het 11 jaar met die kunshart gelewe.

Só is die Jarvik7 kunshart ingeplant.

199o: In 1990 is Brian Williams uit die Pittburg mediese skool se hospitaal ontslaan nadat ‘n VAD in hom ingeplant is. Hy was die eerste pasiënt met ‘n meganiese hart wat uit ‘n hospitaal ontslaan is.

Met die Berlyn-hart is die pasiënt aan die lewe gehou. Dit was kleiner as die eerste en tweede generasie kunsharte en is ook in Suid-Afrika gebruik, maar dié tegnologie is nou verouderd.

200o’s: Die ouer weergawes het die hart se polsende ritme nageboots, maar nuwe weergawes het ‘n aaneenlopende vloei verskaf en is as sentrifugale pompe of aksiale pompe beskryf. Die Berlyn-hart is só ‘n hart.2006: In Augustus 2006, het die Berlynhart ‘n 15-jarige in Alberta se eie hart kans gegee om vanself te herstel en is na 146 dae verwyder en haar eie hart was sterk genoeg om die volle werklading te dra.

2010: Voormalige Amerikaanse visepresident Dick Cheney ‘n Vad ontvang omdat hy aan ernstige hartversaking gelei het. Hy het 20 maande later op 71-jarige ouderdom ‘n hartoorplanting ondergaan.

Die voordeel van die VAD is dat die pasiënt se hart behoue bly en as reservoir vir die inkomende bloed gebruik word.
Meer as 14000 van die gholfbalgrootte LVADs is reeds in die wêreld ingeplant.

So groot is die LVAD

So word die LVAD ingesit.

Die LVAD word aan die onderkant aan die linker ventrikel gekoppel

So lyk dit van die buitekant van die hart

Die bloed vloei deur die linker atrium, na die linkerventrikel, na die meganiese hart, wat dit dan deur die liggaam pomp deurdat die uitloop van die pomp weer aan die aorta gekoppel is.

Lees meer oor die LVAD:

http://www.mylvad.com/content/what-lvad-how-does-it-work

Meer oor ECMO
As jy meer wil weet van ECMO, wat gebruik word om ‘n pasiënt met verswakte longe te help om oor die krisis te kom.

Woensdag 30 September 2015 – Het jy geweet dokters kan met ‘n spesifieke soort hartlongmasjien ‘n pasiënt se hart of longe dae, en selfs weke, laat rus sodat dit kan herstel? Die behandeling word ECMO genoem. Dis nie nuut nie, en kan meer as 60% van spesifieke kritieksiek pasiënte se lewens red. Dis by sommige eenhede in Suid-Afrika beskikbaar – heeltemal te min vir al die voordele – en min mense in Suid-Afrika weet van dié behandeling wat lewens kan red.