Mooi oë: sonder vliesie; kornea-oorplantings

Mooi oë: sonder vliesie; kornea-oorplantings


As jy baie in die son is (soos gholfspelers, krieketspelers, boere of tuinmense) of indien jou oë baie geïrriteer word deur ander elemente, kan die konjunktiva (die buitenste horinglagie van die oog wat voor oor die oogbol strek) ‘n ekstra lagie vorm, wat baie nog meer bloedvate as gewoonlik bevat. Dié vliesie staan bekend as pterygium en groei gewoonlik van die binneste neushoek van jou oog na die iris se kant toe. As dié vliesie oor jou pupil groei, sal dit jou sig versteur.

Het jy geweet oogartse gebruik spesiale weefselgom in sekere oogoperasies, en dat ‘n nuwe tegniek in kornea-oorplantings die suksessyfer verbeter, en die kans op verwerping verminder? Marí Hudson het met Dr Ettienne van Aswegen, oogarts van die Kaap Ooghospitaal, oor pterygium en kornea-oorplantings gesels.
Luister hier na die volledige program.

Geen medikasie kan die pterygium verwyder nie. Die enigste behandeling is om die vliesie uit te sny.
Dit word as volg gedoen:
1. Die hele vliesie word chirurgies uitgesny.

2. ‘n Flappie van halfdikte word uit die wit van die oog gesny en wel van die deel wat onder die onderste ooglid verskuil is. Die deel waar die flappie uitgesny word, herstel vinnig weer en is gou glad nie meer sigbaar nie.

3. Die flappie word in die gaping wat gelaat is deur die pterygium uit te sny, geplaas.

4. Die flappie word nie met steke geheg nie, maar met ‘n spesiale menslike weefselgom geheg.

5. Die oog is aanvanklike bloederig omdat die konjunktiva bloedvatryk is, maar ná 5 tot 6 weke lyk die wit van die oog helder en normaal.

Só lyk pterygium: Dit is bloevatryke selle van die konjunktiva (die heel buitenste lagie van die oog se voorkant

Petrygium - voor

Petrygium – voor

pretygium-copy

Ses weke nadat die vliesie verwyder is.

Kornea chirurgie

cornea-2

Kornea-oorplanting:

cornea-3-600x412

Kyk net hoe nettjies word die steke ingesit om die ronde kornea in te plant. In dié geval is die horlosie-steke gebruik.

kornea   kornea-1

DSEK Kornea-oorplanting
In die heel nuutste prosedure, word net ‘n klein snit gemaak, en word die binneste endoteel elle van die kornea uitegsuig nadat dit afgeskraap is, en die donor se korneaselle word dan ingespuit. Dus word net ‘n dun lagie donor-korneaselle ingeplant. Die suksessyfer is hoër en die verwerpingsrisiko is laer. Dit staan bekend as DSEK.
26581-187x140

hqdefault

dsek

Besoek dié webwerf vir meer inligting: http://www.eyetoeye.co.za/