Movember: neem deel en wen R1000!


RSG ondersteun Movember 2015!

Daar word so baie gepraat en ondersteuning op RSG gegee aan vroue en hulle welsyn, maar ons is net so bekommerd oor mans se gesondheid.  Gedurende November wil ons dus die fokus plaas op mans en hulle welstand, en spesifiek ook op prostaatkanker.  Ons moedig jou ook aan om na https://za.movember.com/ te gaan en deel te neem aan die veldtog…en onthou, ons wil hê dat ons manne snorre kweek in hierdie maand.

Kyk na die foto’s wat luisteraars op Ooggetuie gelaai het. Klik hier om te kyk.

En toe het Amore Bekker ook sommer Dinsdag met ‘n pikante snor agter die Tjailatyd-mikrofoon ingeskuif. Kyk net!

Amore met haar pikante snor

Kyk na die video met Jo Engelbrecht en Chris Botes by Ettienne Ludick en Sue Pyler.

Hoekom hierdie veldtog?

  • Prostaatkanker is die algemeenste kanker onder mans in Suid-Afrika.
  • Testikulêre kanker is weer die algemeenste kanker onder jong mans tussen die ouderdom 15-39.
  • Wêreldwyd sterf ‘n man elke minuut deur selfmoord te pleeg a.g.v. swak geestesgesondheid.
  • Fisieke onaktiwiteit is die vierde grootste risikofaktor vir die globale sterftesyfer.

Kompetisie: Jy kan R1000 wen!
Jy kan R1000 wen as jy deelneem! Stuur vir ons foto’s van hoe jou snor groei of hoe jy aktief raak hierdie Movember. Dis maklik, sluit aan by die RSG Movember span, stuur jou foto’s na ons op ons ooggetuieblad op rsg.co.za of tweet vir ons @zarsg @mavoember_RSA en gebruik die #RSGMovember

Elke week gee ons R1000 weg. En op die 30ste November nog ‘n bonus R1000 vir  een gelukkige man. Moedig jou vriende aan om betrokke te raak en maak ‘n verskil!

Vir bietjie inspirasie, kyk na die vreeslike snorre en baarde.

Wenners world elke Vrydag gekies en op Middag op RSG aangekondig.

20151028_121507

Jo Engelbrecht (links) se jaar-oue baard is al 22 cm lank en Chris Botes (regs) dra die Movember boodskap uit. Jo gaan sy baard afskeer, en neem deel omdat sy pa aan kanker dood is.

Hier is ‘n luisteraar se inskrywing.

Hy is een van ons 24/7 luisteraars. Hy sê hy google die radio en tweet by RSG! lol. Dis ingestuur deur Johnny Canavan.

Hy is een van ons 24/7 luisteraars. Hy sê hy google die radio en tweet by RSG! lol. Dis ingestuur deur Johnny Canavan.