‘n Hartaanval al is jou bloedvate skoon?


Gesondheid: Woensdag 28 Junie 2017

Het jy geweet dat jy ‘n hartaanval kan kry al is jou hartvate oop en gesond? Het jy geweet dat daar iets soos ‘n ‘gebrokehart-sindroom’ bestaan? Of dat die gesamentlike gebruik van kokaïen en alkohol tot baie gevalle van hartaanvalle onder jongmense lei? Marí Hudson gesels met kardioloog Dr Suzette Fourie oor díe redes vir hartaanvalle waarvan ons nie altyd bewus is nie. Verder praat ons ook oor ‘n hartprosedure wat op ‘n kleuter in Johannesburg gedoen is.

In die program, bespreek sy onder meer:

  • Hoe kan mens ‘n hartaanval kry, al is jy gesond, fiks en jou hartvate oop en skoon,
  • Die bestaan van ‘n harttoestand bekend as ‘gebroke hart sindroom’, wat deur stress veroosaak kan word en jou hart baie ernstig kan beskadig
  • Hoe jongmense wat kokaïene en alkohol saam gebruik, by die ongevalle-afdeling opdaag met ernstige hartaanvalle.
  • Dat sommige finansiële makelaars, wat na ‘n gewone daglange werksdag, snags moet wakkerbly om die internasionale markte te ‘speel’, kokaïene gebruik om wakker te bly en dan in die vroeë oggendure ‘n hartaanval kry.Ons gesels dan ook regstreeks met Dr Viljee Jonker, kinder-hartchirurg van Johannesburg, wat pas ‘n interessante prosedure op ‘n vyfjarige kind uitgevoer het.

    Werner Krauss voor sy hartoorplanting. Foto: The Argus

Dr Suzette Fourie (links) en Marí.

Dr Viljee Jonker