Navorsing wys alkaliese mineraalaanvuller verlig osteoartritis simptome


Daaglikse aanvulling met A.Vogel Multiforce Alkaline Powder verminder pyn, gevoeligheid en styfheid wat geassosieer word met osteoartritis merkbaar, het navorsers van die Universiteit van Stellenbosch bevind.

Dít was die bevinding ná ‘n onlangse studie op 100 deelnemers met osteoartritis in hul hande.

18070732_sOsteoartritis (OA) is wêreldwyd die algemeenste vorm van artritis en tas sowat 60% van mans en 70% vasn vroue ouer as 65 jaar aan. Osteoartritis volg as die kraakbeen in gewrigte afslyt en tot styfheid, pyn en verlies aan beweeglikheid lei. Hoewel die kraakbeen wat vernietig is, nie herstel kan word nie, kan chroniese medikasie soos NSAIDS (nie-steroidale anti-inflammatoriese middels) of verskeie pynstillers die simptome verlig, maar dié behandeling kan op die lang duur duur wees en ook ongewenste newe-effekte hê, soos byvoorbeeld maagsere.

Na aanleiding van oortuigende anekdotiese getuienis dat ‘n plaaslik-beskikbare alkaliese minerale produk (A.Vogel Multiforce) ‘n voordelige uitwerking het op pasiënte met OA, het navorsers van die Stellenbosch Universiteit besluit om die potensiaal van dié unieke alkaliese minerale samestelling van kalium, kalsium en magnesium as ‘n nie-allopatiese alternatief of as adjuvant (bykomend tot ander medikasie) in die behandeling van die degeneratiewe siekte te toets.

Só is die studie gedoen
Altesaam 100 mense in die Wes-Kaap – wat almal aan OA van die hand gely het – het aan die studie deelgeneem. Die gemiddelde ouderdom van die deelnemers was 65 jaar. Diegene wat reeds medikasie vir OA gebruik het – hetsy voorskrigfmedisyne of oor-die-toonbank medisyne – het voor die studie in aanvang geneem het, die gebruik van dié medisyne gestaak. Geen ander aanpassings is aan hulle lewenstyl gemaak tydens die studietydperk nie, om seker te maak dat geen ander faktore die bevindings kan beïnvloed nie.

Dit was ‘n dubbelblinde placebo-gekontrolleerde studie en dus het nie die dokters of die deelnemers geweet watter pasiënte in watter deel van die studieperiode die aanvuller geneem het of die placebo nie. Die deelnemers is bloot in twee groepe van 50 verdeel en aangesê om die medisyne twee keer per dag te neem. Ná die 28ste dag is die medikasie van die twee groepe omgeruil. Die pasiënte het elke tweede week die dokters betrokke by die studie besoek, en die dokters het tydens dié besoek inligting ingesamel. Die pasiënt moes met elke ondersoek ‘n  Kwaliteit van Lewe (Quality of Life) vraelys voltooi en ook sy daaglikse pyn op ‘n ‘Daily Pain Visual Analogue scale’ invul. Die dokter het onder meer die pasiënt se pyn, styfheid en inflammasie en pH van die urine bepaal vir die finale statistiese evaluering.

Die bevindings
Aletsaam 98 van die 100 pasiënte het die studie voltooi.

Die periode waartydens die 98 pasiënte twee keer per dag die aanvuller A.Vogel Multiforce gebruik het, het binne slegs 2 weke van gebruik tot ‘n beduidende en betekenisvolle verbetering in die vermindering van pyn, styfheid en gevoeligheid (weens inflammasie) gelei.

Die interessantse bevinding was dat terwyl die pasiënte wat die eerste 28 dae Multiforce gebruik het, onmiddellik verbetering van simptome ondervind het, het dié verbetering voortgeduur selfs vir 2 weke nadat hulle oorgeskakel het na die placebo wat beteken dat die effek van die aanvuller langer duur as slegs vir die tydperk waarin dit gebruik word. Teen die einde van die vier weke op die placebo het die groep se simptome begin terugkeer, maar selfs die einde van die studie was dit nog beter as voor die aanvang van die studie.

Die groep wat met die placebo begin het, se simptome het onveranders op die placebo gebly en eers begin verbeter nadat hulle 28 dae later met hul Multiforce behandeling begin het.

Die leier van die navorsers, dr. David van Velden, sê die studie bring hoop vir mense wat aan osteoartritis ly. “As ‘n dokter met ‘n groot belangstelling in geïntegreerde geneeskunde, glo ek dat allopatiese middels (middels met ‘n effek teenoorgesteld as dié van die simptome) het ‘n plek in veral ernstige en akute mediese en chirurgiese toestande wat lewensbedreigend kan wees. Maar baie dokters bevraagteken die gebruik van medikasie wat nie genesend is nie en potensieel gevaarlik kan wees weens newe-effekte vir chroniese en degeneratiewe leefstylsiektes. Van die ernstige newe-effekte wat van die middels vir chroniese en degenatiewe leefstylsiektes soos byvoorbeeld osteoartrtis kan inhou, sluit in hartskade, inwendige en maagbloedings, lewerskade en so meer.

“Dit is belangrik dat die mense met chroniese en degeneratiewe leefstylsiektes eerder na intervensies kyk soos dieet, voedingsaanvullers, oefening, gewigsverlies en ander nie-toksiese metodes om die herstelproses te stimuleer en nie bloot na medikasie om simptome te onderdruk nie.  Dit is dan waar ons die toekoms van A.Vogel Multiforce sien – as ‘n middel sonder newe-effekte en ‘n veilige alkaliese aanvuller om die simptome van osteoartritis in die hande te behandel.

“Ons kan nie met sekerheid sê wat die meganisme in Multiforce is wat tot simptoomverligting in pasiënte se hande gelei het nie. Ons weet wel dat met osteoartritis die pH van die sinoviale vog in die gewrig meer suur word, tesame met ‘n afname in die suurstofkonsentrasie in kraakbeenselle as gevolg van die inflammatoriese proses. Die optimale pH vir gesonde kraakbeen is alkalies – dus 7 tot 7.2. Ons dink Multiforce help om die pH in die sinoviale vog te herstel en só die suurgehalte van verlaag – en daarmee saam dan die inflammatoriese proses wat in suurstof-arm weefsel plaasvind en wat pyn, swelling en styfheid van die gewrig veroorsaak.”

Die navorsers het bevind dat op grond van die positiewe resultate van die navorsing, A.Vogel Multiforce beskou moet word as veilige, alternatiewe, nie-allopatiese behandeling hetsy alleen of saam met ander konvensionele behandeling in die behandeling en voorkoming van osteoartritis.

Bronne:

Studie verwysing: Van Velden DP, Reuter H, Kidd M, Muller FO. Non-allopathic adjuvant management of osteoarthritis by alkalinisation of the diet. Afr J Phrm Health Care Fam Med. 2015:7(1), Art. #780, 7 pages. http://dx.doi.org10/4102/phcfm.v7i1.780

Screen Shot 2016-03-29 at 2.20.20 PM

Vir meer inligting oor Multiforce, klik hier.