Neus-rekonstruksie toe en nou


In die gewilde TV-reeks The Knick, bou die kokaïen-snuiwende dr. John W. Thackery  ‘n nuwe neus vir ‘n vrou wie se neus deur sifilis weggevreet is. Hy doen dit deur ‘n velflap van haar arm aan haar neus vas te werk, met die arm wat ‘n tyd lank dan vas aan die neus is. Dit was aan die begin van die twintigste eeu. Hoe word dit nou gedoen?

Luister op 18 September na Oggend op RSG, wanneer plastiese chirurg prof. Frank Graewe aan Martelize Brink verduidelik.

Hier is solank ‘n paar fotos oor tonele uit The Knick, waar die verhale van dokters en mediese sorg aan die begin van die 1900’s in die Knickerbocker Hospitaal in New York afspeel. Moderne geneeskunde moes sekerlik êrens begin, en dis sowaar woes en bloederig.

 

Nie ‘n chirurgies handskoen in sig nie. Kan mens glo dat dokters skaars 100 jaar gelede nog só sonder volle begrip van infeksiegevaar geopereer het?

Nie ‘n chirurgiese handskoen in sig nie. Kan mens glo dat dokters skaars 100 jaar gelede nog só sonder volle begrip van infeksiegevaar geopereer het?

Abigail se weggevrete neus word agter die neusflap verberg. As die sifilis haar neus opgevreet het, wat anders in haar liggaam is ook nie al weggevreet nie, wonder mens.

Abigail se weggevrete neus word agter die neusflap verberg. As die sifilis haar neus opgevreet het, wat anders in haar liggaam is ook nie al weggevreet nie, wonder mens.

En so lyk die karakter Abigail Alford se neus deur sifilis (wat sy natuurlik van haar ontroue man gekry het) opgevreet is.

En so lyk die karakter Abigail Alford se neus wat deur sifilis (wat sy natuurlik van haar ontroue man gekry het) opgevreet is.

Toe werk die dokter ‘n velflap van haar bo-arm aan haar neus vas sodat die nuwe neus bloedvoorsiening moet hê.

Toe werk die dokter ‘n velflap van haar bo-arm aan haar neus vas sodat die nuwe neus bloedvoorsiening moet hê.

Hier begin dit darem lyk of Abigail weer ‘n neus het.

Hier begin dit darem lyk of Abigail weer soortvan ‘n neus het.