Nuwe soort pasaangeër laat hart sterker klop


Tydens normale hartklop-ritme word die impulse wat die ritme bepaal, van die SA node, tot die AV-node gelei, en van die AV-node, via die His-bondel, na die Purkinje-vesels wat al om die pompkamers verloop.

As ‘n mens se hart te stadig klop, is dit gewoonlik die gevolg van ‘n blokkasie in die geleidingsweefsel. Nou het medici ‘n manier gevind om die geleidingsweefsel vir die eerste keer regstreeks te stimuleer sodat dit manier wat die twee pompkamers saamtrek, presies soos ‘n normale hart saamtrek: sterk en sinchronies.

‘n His-bondeltak-pasaangeër is die pasaangeër wat beskryf kan word as die eerste een wat pasaangee op die natuurlike fisiologiese manier omdat dit die His-bondel-geleidingsselle regstreeks stimuleer.

Dr. Razeen Gopal, elektrofisioloog van die Kaapstad AF sentrum in die Mediclinic Panorama Hospitaal, het Woensdag en Donderdag die eerste reeks van ses pasiënte behandel onder leermeesters-toesig. Hy vertel meer van die nuwe soort pasaangeër.

Die skets hieronder wys waar die elektrode gewoonlik in die onderpunt van die regter ventrikel geplaas word (links onder) en dan word die seine stadig deur die hartspierselle na die linkerkant gelei sodat die regterventrikel helaas vóór die linkerventrikel begin saamtrek, en dan klop die hart as geheel nie so goed soos wanneer albei ventrikels tegelyk saamtrek nie. Met die nuwe metode (regs onder) word die elektrode teen die septum en dus die His-bondeltak geplaas en word die elektriese seine vinnig met die normale geleidingsweefsel – wat as die elektriese snelweg beskryf kan word, na albei ventrikels gelei en trek albei ventrikels sinchronies saam.

Dr Razeen Gopal (links) en Dr. Zachary Whinnet van die Imperial Mediese Skool in London.