Help jou kind só in eksamentyd


Eksamendruk is ‘n groot bron van kommer vir ouers, onderwysers en studente. In die uiters mededingende moderne wêreld, is die druk wat nou in eksamens op studente gelaai word, baie groter as die druk wat hulle ouers ervaar het.

Volgens die bevindings van ‘n studie deur die Britse maatskaplike navorsings-sielkundige Martyn Denscombe, is daar vier hoofredes waarom tieners eksamen-angs kan ontwikkel.

  1. Die opvoedkundige en beroeps-gevolge wat afhang van hulle eksamen-prestasie
  2. Hulle selfvertroue en selfwaarde wat afhang van hul prestasies – studente wat beter akademies presteer, het ‘n beter selfbeeld
  3. Die feit dat hulle deur hulle vriende en ouers beoordeel word op grond van hulle prestasie
  4. Die vrees om hulle onderwysers en ouers teleur te stel.

39385638_mMet hierdie druk en vrees van mislukking of teleurstelling voortdurend in die kind se gedagtes, kan oormatige angstigheid dit nog moeiliker maak om op hul studies te fokus, goed te konsentreer, en dan te herroep wat hulle geleer het.

Die liggaam se reaksie op groot stres, is om groot hoeveelhede van die stres-hormoon kortisol, vry te stel. Studies het getoon dat kortisol die spoed van geheue-herroeping vertraag; dus hoe angstiger ‘n kind tydens sy leer- en studie-proses en voor die eksamen is, des te moeiliker gaan hy die werk wat hy geleer het, weer uit sy geheue kan herroep.

Met dié feite in gedagte, is die vraag hoe ouers ‘n kind kan help om beter te leer en eksamenspanning so goed as moontlik te hanteer.

Hier is enkele praktiese wenke hoe jy jou kind kan help:

  • Doen alle in jou vermoë om te verseker dat jou kind in ‘n stil omgewing kan leer, weg van die geraas van stofsuiers, die TV en broers of susters wat raas of speel. Organiseer hul lessenaar sodat hulle genoeg spasie het om hulle handboeke uit te pak, en ook met voldoende skoon skryfblokke, kleur-merkpenne.
  • Indien hulle daarvoor te vinde is, help hulle om ‘n studierooster op te stel, wat pouses en rustye insluit. Moedig hulle aan om by die rooster te hou. ‘n Uur se studeer, gevolg deur ‘n kort rustyd, is ideaal.
  • Oefening en speletjies is belangrik. Baie studente dink dit is die beste om ure aaneen agter die boeke deur te bring en vergeet dan van oefening. Dis die grootste fout wat studente begaan.  Dit is die beste as hulle hul rustye benut om oefening te doen en aktief te wees, om hulle gedagtes vir ‘n rukkie weg te lei van hul studies, sodat die brein en liggaam weer vars kan word. Oefening soos ‘n flink stappie of ‘n kort draffie sal help dat meer suurstof die brein en spiere bereik, die energievalkke verhoog en die stresvlakke verlaag. Doen dit gerus saam met jou kind.
  • Kom ooreen op ‘n vasgestelde tyd om ligte waf te skakel en te gaan slaap. Voldoende slaap – 8 – 9 ure per nag vir ‘n kind en tiener – is uiters belangrik om inligting te verwerk en te stoor. Studies het getoon dat daar ‘n kind wat slegs 6 ure per nag slaap pleks van 8 – 9 ure, 50% verhoogde kortisolvlakke het. As jou kind sukkel om te slaap, kan ‘n natuurlike slaap-hulpmiddel soos A.Vogel Dormeasan help sonder dat die kind die volgende oggend dof sal voel.
  • Maak seker jy het voortdurend ‘n goeie voorraad gesonde versnaperings in die huisbeskikbaar. Water is baie belangrik, en ook neute, proteïene soos hoender en vis, en vars vrugte. Hou ook donker sjokolade gereed, want sjokolade wat meer as 70% kakao bevat, verlaag kortisolvlakke en stimuleer die produksie van endorfiene wat stres verminder en die liggaam help om te herstel. Die brein benodig baie gesonde, ongeprosesseerde kos en water sodat die kind goed kan fokus en konsentrasie.
  • Moenie dat hulle maaltye oorslaan nie. Om drie maaltye per dag te eet, hou kortisol-vlakke op ‘n gesonde vlak.
  • ‘n Goeie, natuurlike voedingsaanvuller kan moontlik van groot nut wees. Stres verswak die immuunstelsel en kan ‘n kind meer vatbaar maak vir verkoue en ander siektes. Studies op studente in eksamentyd het gevind dat die vlakke van hulle natuurlike aanvaller-selle (natural killer cells) wat virus-infeksies beveg, laer as normaal is. Die produksie van immuun-versterkende stowwe soos gamma interferon, daal tot byna zero. Bio-Strath is ‘n goeie voedingsaanvuller omdat dit nie net die immuunstelsel ondersteun nie, maar ook geheue, konsentrasies en energie-vlakke verhoog. Dit is natuurlik en bevat geen stimulande wat jou kind se slaap-patrone sal versteur nie. (Besoek bio-strath.co.za vir meer inligting.) Die unieke samestelling van die middel met vitamiene, minerale, aminosure, boustowwe en spoor-elemente sal 61 van die 100 voedingstowwe wat hy daagliks nodig het, verskaf. Omdat dit ‘n natuurlike produk is, word dit maklik in die liggaam geabsorbeer en is die uitwerking byna onmiddellik.
  • Beperk lekkergoed, tjips en kitskosse tydens eksamentyd. Die groot wisseling in die vlakke van suiker in die bloed, kan konsentrasie kortwiek en ook buierigheid vererger.
  • Laat jou kind toe om stoom af te blaas. As hy knorrig of moeilik raak, of wil gil oor die hope leerwerk, laat hom toe om te kla. Moenie terug baklei nie. Erken sy gevoelens en emosies en help hom om dan weer te fokus sodat hy weer agter die boeke kan inskuif.
  • Skep tyd om jou kind te help. Hulle het moontlik hulp nodig om ‘n moeilike gedeelte van die werk onder die knie te kry deur dit aan jou te verduidelik, of anders kan jy hulle dalk help om meer op te lees en lig te werp op aspekte wat hulle nie goed begryp nie.
  • Dan is daar die moeilike onderwerp – die selfoon. As jy gelukkig is, sal junior dit sonder te veel teenstand aan jou oorhandig omdat hy verstaan dat dit sy aandag te veel kan aftrek. Maar as sy/haar selfoon haar veiligheidnet geword het, en hulle dink hulle lewens gaan uitmekaarval as hulle nie heeltyd weet wat hulle maats doen nie, sal jy dalk moet onderhandel sodat hulle dit afskakel en net tydens rustye mag gebruik. Onthou, gewildheid op Facebook, Instagram en WhatsApp het niemand nog gehelp om universiteits-toelating te kry nie.
  • Moenie nog meer druk op hulle laai nie. Hulle is deeglik bewus van jou verwagtings. Eksamentyd is nie die tyd om hulle voortdurend aan jou verwagtings van hulle en hoe teleurgesteld jy gaan wees as hulle nie daaraan voldoen nie, te herinner nie. As hulle nie voor-af genoeg hersiening gedoen het nie, is hulle ook wel deeglik bewus daarvan, maar dis nou te laat vir die hersiening.  Selfs ‘n onskuldige grappie, kan skade berokken. Dit is nou jou werk om die druk op hulle te probeer verminder deur hulle te wys dat eksamen net nog ‘n deel van die lewe is, en beslis nie ‘n lewe- en dood-situasie nie. Die belangrikste van alles, verseker jou kind dat jy hom vertrou om te leer, dat jy hom ondersteun en groot geloof in hom het. Moenie jou kind se vrees dat hy jou gaan teleurstel, onderskat nie. Verseker hom dat sy beste goed genoeg is vir jou.

Sterkte en lekker leer.

Vir meer inligting oor eksamen- en einde-van-die-jaar druk, en die voeding wat jou triljoene liggaamselle benodig, klik hier.