Programme/inligting oor oorgewig, dieet


Hier is die skakels na verskeie programme wat gehandel het oor oorgewig en dieet. Jy sal van die inligting nuttig vind.

Hoe help mens ‘n oorgewig kind om gewig te verloor? Hoe moet tieners eet vir voldoende energie, sonder om vet te word? Hoeveel vrugte moet mens eet? Dieetkundige Magda Pieters het die antwoorde.

Gewigsverlies is ‘n teer puntjie vir baie. As deel van RSG se skud-dit-afx2 eetplan om oorgewig mense te help om die ekstra vetjies af te skud, het ons dieetkundige Annchen Weidemann in die ateljee wat luisteraars se vrae sal beantwoord. Dis jou kans om die vrae wat jy oor dieet en dieetplanne het, te stel.

Het jy geweet dat as jy insulienweerstandig is, jy 99% op die pad is van Tipe 2 Diabetes en nie net halfpad nie; dat insulien jou aptyt stimuleer, en dat as jy te veel dierevette inneem, dit die laaste strooi kan wees wat jou tot in tipe 2 Diabetes kan stoot? Prof. Tess van der Merwe, kenner van metabolisme en oorgewig, vat prof. Tim Noakes se stellings aan oor insulienweerstandigheid, waarom mens vet word, en die eet van baie dierevette.

Ons almal weet dis vrek moeilik om gewig te verloor as jy te vet is. Navorsers weet nou wat in die brein en met jou hormone verkeerd loop, wat maak dat jy vet word, en waarom dit so moeilik is om gewig te verloor as jy meer as 25 kg oorgewig is. ‘n Internasionale kenner verduidelik presies wat gebeur om jou te help om sake beter te verstaan, en ook waarom dit baie belangrik is dat ouers moet toesien dat hulle kinders baie aktief is en nie vet moet word nie.

Het jy geweet daar is nie so iets soos ‘n vet en gesonde mens nie? As jy vet en oorgewig is, is jy ongelukkig nie meer gesond nie, al is jy fiks. En as jy vir lank meer as 25 tot 30 kg oorgewig is, bring dit soveel gesondheidsgevare mee dat dat ‘n maermaak-operasie dalk al uitweg is om jou weer gesonder te kry. Het jy geweet dat bariatriese chirurgie (dis die mediese naam vir maermaak-operasies) binne 48 uur soveel veranderings in hormone veroorsaak dat dit Tipe 2 diabetes onmiddellik kan ‘genees’ en dat sowat die helfte van die mense in remissie bly?

Het jy geweet vroue met polistiese ovariële sindroom ovuleer glad nie, en kan nie swanger raak nie? Maar dat, met die regte eetplan en onder toesig, meer as 80% self begin ovuleer het nadat hulle gewig verloor het? Het jy geweet dat oorgewig en insulienweerstandigheid glad nie deel is van die diagnose nie, maar wel soos olie op die vuur is? Het jy geweet dat baie van die vroue verkeerdelik met die anti-diabetesmiddel Metformin behandel word omdat baie dokters verkeerdelik glo dat die middel gewigsverlies aanhelp en tipe 2 diabetes kan voorkom?

Twee uit elke vyf Suid-Afrikaners is oorgewig, hoofsaaklik weens verkeerde eetgewoontes en te min oefening. Wat is jy veronderstel om te eet en te drink – en hoeveel van wat – as mens gesonder wil leef? Wat is die regte en jongste wetenskaplike aanbevelings tussen die hordes raad wat deur sogenaamde kenners uitgedeel word?

Hoe werk ‘n vegan dieet vir ‘n kind? https://www.rsgplus.org/gesondheid/hoe-werk-n-vegan-dieet-vir-n-kind/