Só help radio-aktiwiteit dokters om in die liggaam te sien


Ek moet erken ek is nogal skrikkerig as ek die woorde radio-aktiwiteit, bestraling en kernkrag hoor. Maar dokters span radio-aktiwiteit in om nie net binne-in die liggaam te kyk en die organe te sien nie, maar hoe hulle werk. Ja, die gebruik van radio-isotope kan dokters help om nie net siektes soos kanker te diagnoseer nie, maar ook om die funksie van organe soos die tiroïed, hart, niere en ander organe te bestudeer en ook om tiroïedkanker te behandel.

Luister Woensdag 11.30 – 12.00 na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met Prof. Annare Ellmann, hoof van Kerngeneeskunde aan die Universiteit van Stellenbosch en by die Tygerberg-Hospitaal en sy verduidelik hoe hulle radio-aktiwiteit inspan om siektes te diagnoseer en selfs te behandel.

fused2

Die helder kolle wys presies waar kankerselle is. Dit is prostaatkankerselle wat na limfnodes en die skeletbene versprei het. Dokters kan dit sien deurdat radio-aktiewe isotope aan ‘n spesifieke stof verbind wat weer aan vinnigverdelende selle bind. Deur twee soorte skanderings oormekaar te plaas, kan mens dié driedimensionele beeld sien.

Kyk na nog beelde hieronder

limfoom-fdg-complete-remission

Limfoom FDG in remissie: Pasiënt met limfoom (limfklierkanker). Verwys vir ‘n FDG PET studie om verspreiding van siekte te toon. Op boonste beeld is daar abnormale opname (pyle) in die nek, armholtes, borskas, buik en bekken. Dit verteenwoordig abnormale opname van die radioaktiwiteit (FDG) in limfnodes. Op die onderste beeld het al die abnormale areas verdwyn nadat die pasiënt behandeling met chemoterapie (anti-kankerbehandeling) ondergaan het. Die opname van FDG in die organe wat gemerk is, is normaal.

Renogram om werking van niere te toets: Renografie word gebruik om na die funksie van die niere te kyk. Dit is ‘n sogenaamde dinamiese studie, waar die konsentrasie en uitskeiding van die radioaktiwiteit oor ongeveer 40 minute waargeneem word.

renogram-normaal-dinamies

 Nierfunksie: Aanvanklik word altwee niere in die normale posisie gesien. Later begin die radioaktiwiteit in die blaas verskyn, soos dit deur die niere uitgeskei word (aan die onderkant van die beelde). Die nierpype word ook vaagweg gesien. Soos die blaas voller word, word die niere al ligter.

Skildklier (tiroied) flikkergrafie: Een van die mees algemene ondersoeke in Kerngeneeskunde, omdat dit na die funksie van die skildklier kyk. In elke geval is daar twee beelde, een verder weg van die gammakamera, en die tweede nader, om die verspreiding van die radioaktiwiteit in die skildklier beter te beoordeel. Die radioaktiwiteit wat vir die flikkergrafie gebruik word (Tc-99m pertegnetaat) word deur die skildklier soos jodium opgeneem. In die geval van ‘n ooraktiewe skildklier, kan radioaktiewe jodium (I-131) dan vir behandeling gebruik word.

skildklier-normaal

Skildklier normaal: Beeld van die normale verspreiding van radioaktiwiteit in die skildklier.

Skildklier ooraktief: Aansienlik hoër opname in die skildklier as in die normale geval, wat aanduidend is dat die skildklier ooraktief is (meer as normaal werk). In hierdie gevalle is die toediening van radioaktiewe jodium ‘n goeie manier om die toestand te behandel.

Skildklier ooraktief: Aansienlik hoër opname in die skildklier as in die normale geval, wat aanduidend is dat die skildklier ooraktief is (meer as normaal werk). In hierdie gevalle is die toediening van radioaktiewe jodium ‘n goeie manier om die toestand te behandel.

skildklier-lae-opname

Skildklier lae opname: Soms is die opname van radioaktiwiteit in die skildklier minder as normaal. Dit kan wees omdat die skildklier onderaktief is, maar dit word ook dikwels veroorsaak deur die inname van sekere middels. ‘n Goeie kliniese geskiedenis is nodig om moontlike voorkombare oorsake uit te skakel. ‘n Skildklierflikkergram is nie aangedui in ‘n pasiënt met ‘n onderaktiewe sklidklier nie.

skildklier-warm-nodule

Skildklier warm nodule: In hierdie geval is die een deel van die skildklier (die linker lob) baie groot en met verhoogde opname, en kan die regterlob skaars gesien word. Dit gebeur wanneer een deel van die skildklier op sy eie begin werk (sogenaamde warm nodule

Ontoereikendheidsfraktuur: Bejaarde pasiënt met pyn in bekken nadat sy geval het. X-strale van die bekken het geen abnormaliteit getoon nie.

 

ontoereikendheidsfraktuur

Die beenflikkergram (van voor (A) en van agter (B) geneem) toon abnormale opname van die radioaktiwiteit in verskeie plekke in die bekken, in die pubis (swart pyle), die stuitjiebeen (blou pyl) en die sakro-iliaakgewrigte (rooi pyle). Hierdie is tipies van sogenaamde ontoereikendheidsfrakture, wat soms voorkom in ouer mense met osteoporose na geringe beserings.

Prostaatkanker met verspreiding

prostaat-mip-ga-68-psma

Prostaat Ga-68 PSMA skelet en ander: Pasiënt met prostaatkanker wat verwys is vir ‘n Ga-68 PSMA PET studie. Die beeld toon veelvuldige areas met abnormale opname (swart kolle), wat verspreiding van die prostaatkanker na die skelet, lewer en limfkliere toon.

prostaat-ga68-psma-skelet-en-ander-3d-volume-rendering

As hierdie pasiënt met prostaatkarsinoom se PET beelde saam met die rekenaartomografie beelde (spesifiek van die skelet) vertoon word, word bevestig dat die abnormale areas in die skelet, lewer en limfkliere is. Die niere word ook gesien, maar dit is normaal.

Trek die hartspiere normaal saam? Vir hierdie studies is die pasiënte se rooibloedselle met radioaktiwiteit (tegnesium-99m) gemerk en weer ingespuit. Dit is dus beelde van die gemerkte rooiselle in die bloed. Beelde word oor die area van die hart opgeneem, nadat die pasiënt aan ‘n elektrokardiograaf gekoppel is, sodat gesien kan word hoe die hart saamtrek.

gbps-normaal_1998-10-02_3

Op die normale beeld hierbo is daar baie goeie sametrekking van die hart.

gbps-kardiom_2003-08-27_1

In die beeld is die hart baie groot en trek swak saam.