SA dokters bou nuwe hart


Prof. Francis Smit, hoof van kardiotorakale chirurgie aan die Universiteit van die Vrystaat, en sy span navorsers, is deel van ‘n uitgesoekte groepie navorsers in die wêreld wat daaraan werk om ‘n kloppende skenkerhart in ‘n laboratorium te bou. Met die nuwe tegnologie, wat beteken dat ‘n orgaan se selle weggeneem word en die ontvanger se selle weer by die oorblywende hart-raamwerk of matriks gevoeg word sodat geen verwerping plaasvind nie, het hulle ook hartkleppe gebou, en ook hartsak-weefsel so verander dat as dit in ‘n baba ingeplant word om gaatjies tussen die hartkamers toe te maak, die baba se liggaam dit as sy eie sal erken en nie verwerp nie.
Luister hier na die program.

rothart

So lyk ‘n rothart waarvan die selle geleidelik verwyder word. Die rothart word al witter en net ‘n hart-matriks bly oor.

Kyk na die video hoe hartspierselle in ‘n laboratorium groei.

 

281_eng

Prof Francis Smit, die man agter die opwindende hartnavorsing en Suid-Afrika se ‘heart maker”.

Hier is meer inligting wat deur Prof Francis Smit verskaf is:
Scaffold Press Release 2014 ppt

Kyk na dié video oor die ‘heart makers’ want dit is presies wat prof. Smith en sy span in Bloemfontein doen.