SA dokters opereer met ‘n robotmasjien


Met ‘n robotmasjien wat soos ‘n spinnekop lyk, opereer chirurge nou in vier hospitale in die land sonder om fisiek aan die pasiënt te raak. Marí Hudson het ‘n operasie in die Mediclinic Durbanville bygewoon, met uroloë dr Pierre von Vollenhoven en dr Gawie Bruwer aan die stuur. Dr Bruwer het sedert Oktober 2014 reeds sowat 30 operasies met die hulp van die robotmasjien uitgevoer.

Luister hier na Gesondheid op RSG, waar dr Von Vollenhoven die operasie beskryf en ook gesels oor prostaatprobleme en inkontinensie.

Die robotmasjien word grootliks ingespan om prostaatverwyderingsoperasies te doen omdat die chirurge baie beter met die kameras van die masjien die strukture om en by die blaas en prostaat kan sien.

Die robotmasjien, wat soos ‘n spinnekop lyk, word bo-oor die pasiënt geplaas. Tussen vier en ses robotarms word dan deur sleutelgatchirurgie in die pasiënt se buik geplaas. Die arms se punte bevat onder meer ‘n kamera, pinsette om weefsel vas te vat, klein kauteriseer-punte om weefsel deur te sny maar bloeding onmiddellik te stop, en ‘n spoel- en suigpunt om die chirurgiese area skoon te spoel.

Die chirurg sit in ‘n tipe kajuit in die hoek van die teater (maar dit kan selfs in ‘n ander vertrek wees, of ‘n ander stad of ‘n ander land) en beweeg die ‘spinnekop-arms’ met spesiale konsole. As hy byvoorbeeld sy voorvinger en duim teen mekaar knyp, knyp die pinset van die apparaat die weefsel vas. Hy kan met pedale in- of uitzoom op sy die area waar hy werk, en sien ‘n vergrote en helder driedimensionele beeld.

Die robotmasjien met sy spinnekop-arms bo-oor die teaterbed

Die robotmasjien met sy spinnekop-arms bo-oor die teaterbed. Dr Bruwer is links.

Die robotmasjien met sy spinnekop-arms nou in die pasiënt se buik. Dié stadium van die operasie word baie raak beskryf as 'docking completed'.

Die robotmasjien met sy spinnekop-arms nou in die pasiënt se buik. Dié stadium van die operasie word baie raak beskryf as ‘docking completed’. Hierna skuif die chirurg in die beheerkajuit in, en die chirurgiese assistent hou alles baie fyn op ‘n rekenaarskerm dop. As mens na die teaterbed kyk, sien mens net hoe die spinnekop-arms beweeg.

Dr Gawie Bruwer van Mediclinic Durbanville skuif in die 'kajuit' in om die robot-arms se beheer

Dr Gawie Bruwer van Mediclinic Durbanville skuif in die ‘kajuit’ in om die robot-arms se beheer

 

Besoek die facebook blad van dr Gawie Bruwer vir meer foto’s.

Vir meer inligting oor die robotmasjien, bekend as die Da Vinci robotmasjien, klik hier.