Sjokolade-medisyne


Die enigste genesende waarde van sjokolade, is om die pyn van ‘n gebroke hart te verlig. Die troostende effek daarvan gaan ongelukkig gepaard met ‘n skuldgevoel aangesien sjokolade baiesuiker en vat bevat. Dus nie bevorderlik vir gewigsverlies nie.

Maar dit is op die punt verander. ‘n Maatskappy in die VSA met die tongknoper-naam, Kuka Xoco, gebruik ‘n kruid om onversoete kakao minder bitter te laat proe. Dit beteken minder suiker hoef by die sjokolade bygevoeg word. Behalwe dat minder besoeke aan die tandarts en Weight Watchers gaan beteken, het kakao boonop ‘n string gesondheidsvoordele. Dit bevat minerale en antioksidante, en verlaag bloeddruk.

Dit sal nog ‘n rukkie wees voor jy kan weglê aan die super-sjokolade, so intussen moet mens die soettand op die konvensionele manier beheer, naamlik met wilskrag.