Skud-dit-afx2 Tuisblad: die skakel na alle inligting


health

As jy Skud-dit-afx2 misgeloop het: hier’s die tuisblad
Die spyskaartplan en riglyne se skakels is alles op The Good Doctors se webwerf se Skud-dit-afx2 tuisblad. Ook hoe die vasdae werk en nog baie ander inligting..

Bykomende inligting oor oefening

Doen oefening, veral interval oefening. Stap teen week 4 nou minstens 20 minute per week, 4 – 5 x per week, en doen ook 10×3 muur-opstote en 10 lunges 4 – 5 x per week. Stap die eerste 3 minute gemaklik teen 50% intensiteit, dan 1 minuut teen 70% intensiteit, nog ‘n minuut teen 90% intensiteit, dan nog ‘n minuut teen 100% intensiteit, en dan weer stadiger tot 50 % intensiteit vir 3 minute, en dan weer vinniger. Wissel dit so af.

Onderhoude om na te luister

Luister hier na die onderhoud met geregistreerde dieetkundige Annchen Weidemann oor goeie gewigsverlies-riglyne. En hier is die skakel na die program waarin die dieetkundiges luisteraars se vrae op Woensdag, 26 November, beantwoord het oor versoeters, fruktose, sukkel-om-gewig-te-verloor, heuning en veel meer.

Prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog van die Universiteit van Pretoria, het hierdie week luisteraars se vrae oor metaboliese probleme en die rol van oorgewig in ‘fatty liver’ siekte, kortisoonbehandeling, menopouse, tiroïedfunksie en nog meer. Luister weer, as jy dit misgeloop het, want dié program het uitstekende inligting.

Gesond nuusbrief

Ons gee binnekort die skakel om in te skryf vir ‘n nuusbrief waarin die skakels na die daaglikse eetplan en spyskaarte sommer onmiddellik vir jou beskikbaar sal wees.