Movember: Hoe elke man homself behoort te ondersoek

Movember: Hoe elke man homself behoort te ondersoek


2014 Mens HealthTesticular - ... Testikulêre kanker kom veral by jong mans voor, maar vroeë opsporing en diagnose kan tot suksesvolle behandeling in 98% van gevalle lei. Hoe kan dit vroeg opgespoor word, hoe werk die behandeling en wat kan anders in daardie geweste van ‘n man se lyf skeef loop? Testikulêre kanker tref meestal mans tussen 20 en 40 jaar.

Luister hier na Gesondheid op RSG: Marí Hudson gesels met dr. Lance Coetzee van die Urologie Hospitaal in Pretoria oor testikulêre kanker en prostaatkanker.

Elke jong man – dis nou dié jonger as 40 – behoort minstens een maal per maand wanneer hulle stort, ‘n deeglike selfondersoek te doen. Hulle moet die strukture rondom die testes ken. Sodra daar ‘n verandering aan hierdie strukture is, moet hulle hul GP of uroloog besoek, want dit kan dui op testikulêre kanker.

Vir meer inligting oor die selfondersoek, besoek http://www.cansa.org.za/mens-health/

Kyk na die skets om te sien hoe elke jong man gereeld hierdie self0ndersoek moet doen.