Testosteroon-inspuitings maak mans onvrugbaar


Gesondheid: Woensdag 12 Julie 2017

Testosteroonvervangingsterapie het ‘n modewoord geword, nie net vir mans om spiere te bou nie, maar ook vir vroue om meer energiek te voel en meer woelig in die bed te wees. Wees egter versigtig! Die man met die baie spiere het moontlik zero spermselle en is onvrugbaar, wat maande se behandeling kan verg, sonder die sekerheid van sukses, om sy spertelling terug na normaal te kry. En vroue kan vinnig-vinnig ‘n harige snor ontwikkel. Marí Hudson gesels met ‘n fertiliteitspesialis oor testosteroonaanvullings vir mans en vroue.